Minderjariges meisies verkrag
'n Minderjarige meisie is glo ná sy in November in die Ndiyona-nederstting in die Kavango-Oosstreek verkrag is, nou sewe maande swanger.
Sy was 14 jaar oud ten tyde van die beweerde verkragtingsvoorval.
"Die verdagte het die meisie glo met 'n mes gedreig en haar verkrag. Die slagoffer is nou sewe maande swanger en haar ma het die voorval by die polisie gerapporteer," lui die Namibiese polisie se weeklikse misdaadverslag.
"Die verdagte is bekend, maar is nog nie in hegtenis geneem nie."
Die polisieondersoek duur voort.
Saterdag is 'n 12-jarige meisie glo deur 'n man by 'n waterput in die Eshii-nedersetting naby Epembe in die Ohangwenastreek verkrag.
"Die voog van die meisie het die saak by die polisie gerapporteer, maar die verdagte is nog nie in hegtenis geneem nie," lui die verslag.
Die polisieondersoek duur voort.
In Wanaheda in die hoofstad is 'n 21-jarige vrou Vrydag omstreeks 23:30 glo deur haar oom verkrag.
"Die verdagte, glo in sy vroeë 40's, het op die vlug geslaan, dus kon hy nog nie in hegtenis geneem word nie," sê die polisie.
Die polisieondersoek duur voort.
Sondag omstreeks 06:00 is 'n 43-jarige vrou glo deur haar broer met besemstok aangerand.
Die voorval het in die Mafugu-nedersetting naby Kahenge in die Kavango-Oosstreek plaasgevind.
Die vrou het glo beserings opgedoen, maar haar broer is nog nie in hegtenis geneem nie.
Op Oshikango het 'n man Sondag omstreeks 08:00 glo kontant ter waarde van N$64 800 uit sy meisie se handsak gesteel waar hulle by Luis Investment's se huurkamers gebly het.
"Die verdagte het met die geld weggery, maar N$64 650 van die kontant is later gevind waar dit in sy bokkraal begrawe was," sê die polisie.
Volgens die polisie duur hul ondersoek voort.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie