Minder studente ondersteun

Slegs vyfde van aansoekers gehelp

22 May 2019 | Ministeries
Augetto Graig - Die nuus dat bestaande en voornemende studente minder finansiële steun gaan ontvang, is ’n teleurstelling.

So sê me. Ester Simon, president van die Namibië Nasionale Studenteorganisasie (Nanso).

“Dis ’n skok vir ons. Ons sal ander belanghebbers moet nader – selfs tot by die staatspresident,” sê sy.

Die Finansiële Hulpfonds vir Namibiese Studente (NSFAF) sal eerskomende Vrydag ’n lys van 2 925 nuwe begunstigdes beskikbaar stel.

Die fonds het Maandag aangekondig dié byna 3 000 gelukkiges is op grond van hul gesinne se finansiële vermoëns en hul akademiese prestasie, studierigting en streek van oorsprong gekies.

Die nuwe NSFAF-begroting van meer as N$1,1 miljard maak boonop nie vir nuwe beroepsopleiding- of nagraadse studente voorsiening nie.

Dié nuus is ook ’n verrassing vir mnr. Penson Mootu, hoof van die Okakarara-beroepsopleidingsentrum (OVTC).

Hy sê al 700 studente by die sentrum is reeds NSFAF-begunstigdes, en geen nuwe studente wat in 2019 befonds word nie, beteken probleme.

“Dit is nie reg nie. Ons moet aanhou opleiding verskaf. Sonder studente sou ons wat doen, net rondsit?” het hy gevra.

Simon sê dit is nou belangrik om beroepsopleiding weer gewild te maak, omdat dié vaardighede in alle winsgewende sektore nodig is. Volgens hom belemmer die onderbreking in die finansiering van nuwe studente nasionale ontwikkelingsplanne.

Meer as 35 000 NSFAF-studente gaan met hul studies voort en meer as N$1 miljard word hiervoor van die fonds benodig.

Die NSFAF het nog N$641 miljoen nodig om 12 624 studente, wat ook vir finansiering kwalifiseer, finansieel te ondersteun.

Dié studente is die ongelukkiges uit 15 087, wat uit 24 739 aansoeke vir finansiering gekwalifiseer het.

Simon sê dié syfers is onaanvaarbaar.

“Dit is ’n druppel in die see,” sê sy.

“Die meerderheid Namibiese studente het ’n arm agtergrond, waar die ouers nie eens vir hul kinders N$200 sakgeld ’n maand kan gee nie. Baie probleme staar studente in die gesig, onkostes en klasgeld wat al meer word,” sê sy.

Sy bevraagteken ook die inkomstevereistes wat die NSFAF gebruik om nuwe begunstigdes te kies.

“Hoe kies mens tussen die weeskind met die ryk oom wat onkostes dek, en die kind met twee ouers wat dit nooit kan bekostig nie? Selfs met aansoeke moet mens bewys jy kom uit ’n arm agtergrond. Wat meer?” vra sy.

Volgens Simon sal Nanso die kwessie verder neem.

“Ons as organisasie sal die voortou neem,” sê sy.

Die hulpfonds het sedert 2013 amper 64 000 Namibiese studente se studies betaal.

Mnr. Paulus Haukongo, sentrumhoof by die Windhoek-beroepsopleidingsentrum (WVTC) stel sy vertroue in die goeie verhouding wat die sentrum in die verlede met die NSFAF gehad het om baie van sy studente te ondersteun.

“Tot dusver het ons geen misverstand met die NSFAF gehad nie en ons studente het vroeg reeds aanlyn aansoek gedoen, soos vereis word. Ons maak seker almal betaal die registrasie fooi, en met ons koop gemoedsrus met ons klein begroting. Ons hoef ouers nie nou onder druk te plaas nie,” sê hy.

In sy aankondiging sê die NSFAF die ministerie van hoër onderwys, opleiding en vernuwing is in gesprek met die tesourie in ’n poging om geld vir die ondersteuning van die 12 624 ongelukkige studente in te win.

Soortgelyk

 

Lodge, besigheid beroof – sewe vas

9th of August 00:00 | Misdaad

Henriette Lamprecht – Sewe verdagtes was gister reeds agter tralies nadat hulle by twee verskillende inbrake in die Omahekestreek betrokke was. Een van die inbrake...

Tolpaaie dalk op pad

9th of August 00:00 | Vervoer

font face="Verdana" >Catherine Sasman - Die Padfondsadministrasie (RFA) beoog om die lewensvatbaarheid van tolpaaie in Namibië te ondersoek.Dít as ’n moontlike bykomende bron...

Grondwet praat jou taal

9th of August 00:00 | Howe

Denver Kisting – Dit is belangrik dat die oppergesag van die land, die Grondwet, toeganklik is vir Jan en San Alleman.Alle wette in Namibië is...

Agterstallige pos glo nie NamPost se skuld

9th of August 00:00 | Ministeries

Catherine Sasman – Volgens NamPost is die agterstand in die aflewering van pos en pakkies nie sy skuld nie, maar wel die Suid-Afrikaanse Internasionale possentrum...

Weer vir 9 Augustus

9th of August 00:00 | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die Suide, maar baie tot bloedig warm in die Noorde.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig tot warm met miskolle in...

Nou aan die gang

9th of August 00:00 | Kuns en vermaak

» Vanaand is die immergewilde Windhoek City Market weer in die hoofstad. Geniet ’n onbeperkte vonkelwynproe van verskeie wynkelders uit Suid-Afrika se produkte. Dié mark...

Klei en keramiek by negende biënnale

9th of August 00:00 | Kuns en vermaak

Die Pottebakkersvereniging van Namibië (PAN) se 9de Keramiek Biënnale word eersdaags by die Nasionale Kunsgalery van Namibië (NAGN) aangebied sal word. Die geleentheid is die...

N$150 miljoen vir landskapbestuur

9th of August 00:00 | Ministeries

Die ministerie van die omgewing en toerisme en die Nasionale Beplanningskommissie van Namibië het Woensdag ’n ooreenkoms met die Verenigde Nasies se Ontwikkelingsprogram (UNDP) onderteken,...

Boere kan doen met ‘n miljoen

9th of August 00:00 | Omgewing

Engen het gister N$1 miljoen aan die Dare to Care-droogtehulpfonds oorhandig.Dit ná sy eerste skenking van N$850 000 op Vrydag 12 Julie. Die oliemaatskappy het...