Minder sit, meer speel

Goeie gewoontes vroeg gevestig

08 May 2019 | Gesondheid
Henriette Lamprecht – Minder skermtyd, minder tyd in stootwaentjies en karstoeltjies, meer slaap en meer speel.

Dít is die kern van die Wêreldgesondheidorganisasie (WHO) se onlangse verslag wat op ’n gesonde leefstyl vir kinders onder vyf jaar fokus.

‘n Onaktiewe leefstyl is geïdentifiseer as die grootste risikofaktor wat gewig laat toeneem en vetsug veroorsaak.

“Om gesondheid te bereik, beteken jy doen van die begin af wat die beste vir mense is,” sê die WHO se direkteur-generaal, dr. Tedros Ghebreyesus.

“Vroeë kinderontwikkeling is ‘n tydperk van vinnige ontwikkeling en ‘n tyd wanneer ‘n gesin se leefstylpatrone tot voordeel van hul gesondheid aangepas kan word,” sê Ghebreyesus.

Die WHO se riglyne is deur ‘n paneel kenners ontwikkel, wat gefokus het op die uitwerking van te min slaap op jong kinders, asook die tyd wat hulle voor televisie- of rekenaarskerms of in karstoeltjies en stootwaentjies deurbring.

Voorts is die voordele van verhoogde aktiwiteitsvlakke ondersoek.

Volgens die paneel kan meer fisieke aktiwiteit, minder tyd wat kinders stilsit en beter slaappatrone kinders in dié ouderdomsgroep se fisieke en geestelike welstand bevorder en die kanse op latere vetsug en verwante siektes verminder.

Meer as vyf miljoen sterftes wêreldwyd onder mense in alle ouderdomsgroepe kom voor omdat daar nie aan die huidige riglyne vir fisieke aktiwiteit voldoen word nie.

Tans is meer as 23% volwassenes en 80% tieners nie aktief genoeg nie.

Die WHO sê as gesonde fisieke aktiwiteit en genoeg slaap nie vroeg reeds deel van ‘n kind se lewe is nie, sal negatiewe patrone deur hul kinder- en tienerjare tot in volwassenheid voortduur.

“Ons moet kinders laat speel,” sê die WHO se dr. Juana Willumsen.

“Dit gaan oor ‘n skuif van stilsit na speel, terwyl slaappatrone ook beskerm word,” het sy gesê.

Volgens die WHO moet voorkeur gegee word aan interaktiewe aktiwiteite, wat nie skermtyd is nie, maar storielees, sing en legkaartbou insluit.

Van die voorstelle vir kinders jonger as ‘n jaar sluit in dat hulle op verskeie maniere en op verskillende tye deur die dag aktief is.

Dit sluit interaktiewe vloergebaseerde speletjies in.

Kinders onder vyf moet verkieslik ook nie langer as ‘n uur op ‘n slag in stootwaentjies, eetstoeltjies of op ‘n versorger se rug vasgemaak wees nie.

Babas onder drie maande behoort 14 tot 17 ure te slaap en babas tussen vier en 11 maande moet 12 tot 16 ure ’n dag slaap.

Die WHO sê kinders tussen een en twee jaar moet ten minste 180 minute aan ‘n verskeidenheid fisieke aktiwiteite deur die dag bestee. Hulle behoort ook nie langer as ‘n uur op ‘n slag in ‘n eetstoeltjie of stootwaentjie deur te bring nie. ‘n Groot nee vir eenjariges is enige skermtyd voor ‘n rekenaar of ‘n televisie.

Drie- tot vierjariges behoort ten minste 180 minute aan ‘n verskeidenheid fisieke aktiwiteite te spandeer, met 60 minute wat matige tot intensiewe fisieke aktiwiteite insluit.

Voorts maan die WHO dié kinders behoort nie langer as ‘n uur op ‘n slag in stootwaentjies deur te bring nie, en skermtyd kan tot ‘n uur op ‘n slag beperk word.

Volgens die gesondheidsorganisasie het die riglyne ten doel om ‘n gaping te vul wat nie in 2010 se wêreldriglyne vir fisieke aktiwiteit vir gesondheid ingesluit is nie.

Dit dra ook by tot die implementering van die kommissie wat vetsug onder kinders wil beëindig se voorstelle, sowel as die wêreld- aksieplan vir fisieke aktiwiteit vir 2018 tot 2030.

Soortgelyk

 

Namibiërs stem op 27 November

4 ure gelede | Politiek

Denver Kisting - Namibiërs gaan 27 November vanjaar stembus toe om 'n president en lede van die Nasionale Vergadering (NV) te kies.Dié aankondiging is vanoggend...

Toekenning vir Namibiese TV-vrou

5 ure gelede | Kuns en vermaak

Die oud-Walvisbaaier, Linda de Jager (foto), is op 10 Mei met ‘n ATKV-toekenning bekroon vir die reeks, “Daar’s ‘n Plek met Coenie” vir Via.Via is...

From teacher to humble CEO

14 ure gelede | Mense

Leandrea Louw Bisey Uirab, the former CEO of the Namibian Ports Authority (Namport), will be heading to the Namibia Airports Company (NAC) in the...

Ek het hoop vir Rehoboth, sê Ellen Pakkies

14 ure gelede | Mense

Denver Kisting op Rehoboth – Kort nadat sy die tou stywer om haar 21-jarige seun se nek getrek het, het sy by God om vergifnis...

Psigiater vir onprofessionele gedrag ondersoek

14 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – ‘n Voorlopige ondersoekkomitee van die mediese en tandheelkundige raad het bevind ‘n klagte van onprofessionele gedrag teen ‘n bekende psigiater van Swakopmund...

Hard work makes the dream work

14 ure gelede | Mense

Mariselle Stofberg Zenneth Oosthuizen is a senior associate at PricewaterhouseCoopers (PwC) who enjoys adventure and new opportunities. “I would describe myself as a quiet and...

Writing your own story

14 ure gelede | Mense

Mariselle StofbergOctavia Tsibes was born and raised in Otjiwarongo. Her family has always been interested in writing, and this passion is evident in this humble...

Kalender 17 Mei

14 ure gelede | Kuns en vermaak

Nou aan die gang» Namibië se beste bluesgroep, Roadhouse Blues, tree vanaand by The Loft (by die Warehouse-teater) op. Die groep maak al jare musiek...

Hout gevat, maar niemand vas

14 ure gelede | Ministeries

Catherine Sasman - Polisie in die Kavango-Wesstreek het beslag op hout gelê wat vermoedelik onwettig geoes is, maar tot dusver is niemand in hegtenis geneem...