Min rommelhope in orde

23 August 2019 | Regering
Ogone Tlhange – Verskeie munisipaliteite oraloor die land is tans besig om hul rommelsake in orde te kry.

Volgens die ministerie van die omgewing en toerisme se nuwe regulasies moet munisipaliteite, myne en ander nywerheidsgebiede se stortingsterreine oor omgewingsimpakstudies (EIAs) beskik.

Tot dusver het slegs 11 plaaslike munisipaliteite glo geldige EIAs.

Die ministerie se omgewingsbestuurwet is in 2012 afgekondig en hiervolgens het die ministerie ’n proses van stapel gestuur waartydens met plaaslike owerhede en streekrade geskakel word om standaarde vir afvalbestuur te verbeter en om te verseker alle stortingsterreine doen aansoek om omgewingsklaringsertifikate.

Van die regulasies het ingesluit munisipaliteite moet EIAs vir alle bestaande en beoogde stortingsterreine indien.

Die Keetmanshoop-munisipaliteit werk tans daaraan om aan die nuwe regulasies te voldoen.

Dié dorp is van plan om hul bestaande, ou stortingsterrein te sluit en ’n nuwe een op te rig, sê mnr. Jegg Christiaan, ekonomiese ontwikkelingsbestuurder.

“Ons het ’n omgewingskenner aangestel wat die bestaande terrein opgeknap het,” sê hy.

Volgens Christiaan bestaan ’n EIA vir die nuwe stortingsterrein en is dit goedgekeur.

“Geld is vir die rehabilitasie van die ou stortingsterrein beskikbaar gemaak.”

Volgens die munisipaliteit is alles moontlik gedoen om te verseker die nuwe stortingsterrein voldoen aan die voorgeskrewe regulasies.

Mnr. Luke Salomo, woordvoerder van die Grootfontein-munisipaliteit, sê dié dorp se stortingsterrein is nie op standaard nie omdat dit ’n tydelike terrein is.

Volgens hom is die munisipaliteit nog besig met beplanning en sal werksgeleenthede geadverteer word.

Mnr. Charlie Ntema, ekonomiese ontwikkelingsbeampte by die Katima Mulilo-munisipaliteit, sê hulle is tans besig om oor ’n stuk grond te onderhandel waar hul stortingsterrein geleë sal wees.

Die ministerie het die stadsraad aangeraai om die ou stortingsterrein te sluit.

“’n Moontlike terrein is geïdentifiseer, maar dit val buite die stad se grense. Ons onderhandel tans met die tradisionele owerhede aan wie die grond behoort. Ons het ’n aansoek aan die ministerie gestuur en sodra ons die grond het, sal ons aansoek om ’n EIA doen,” sê Nteme.

Mnr. Benjamin Makayi, woordvoerder van die Rundu-stadsraad, het bevestig die munisipaliteit het wel ’n EIA vir hul stortingsterrein.

Volgens me. Catherine Boois, ekonomiese ontwikkelingsbeampte, is Mariental se munisipaliteit besig om aansoek om ’n EIA te doen.

Ondanks die gebrek aan ’n EIA het die munisipaliteit sy stortingsterrein laat omhein.

Mnr. Pohamba Shifeta, minister van die omgewing en toerisme, het vroeër vandeesmaand sy misnoeë te kenne gegee met die feit dat sommige munisipaliteite die afvalkwessie nie voldoende pak nie.

Volgens die ministerie voldoen slegs 11 munisipaliteite aan huidige regulasies.

Dit sluit in die munisipaliteite van Windhoek, Walvisbaai, Swakopmund, Okahao, Oranjemund, Oshakati, Ruacana, Rundu, Ondangwa, Eheke en Epukiro.

Soortgelyk

 

Moenie polisie-, weermaglede verfilm nie

1 uur gelede | Regering

Die ministerie van verdediging het lede van die publiek gewaarsku om nie foto’s of videos van lede van die Namibiese polisie of die weermag (NDF)...

Teko-trio vrygespreek

6 ure gelede | Howe

Ronelle Rademeyer - Die sakevrou, me. Teckla Lameck, en haar twee vennote, mnre. Yang Fan en Jeroboam (Kongo) Mokaxwa, is vanoggend in die hoërhof in...

Dokters wis nie van voorskrifte

16 ure gelede | Ministeries

Henriette Lamprecht Geen amptelike kennisgewing is aan lede van die twee grootste verenigings vir dokters in die land uitgestuur oor die herske­dulering van medikasie, insluitende...

Regering kry skuld vir SOE-gemors

16 ure gelede | Regering

Denver Kisting Die regering is 'n swak aandeelhouer.Só het die adjunk- uitvoerende direkteur van staatsdiensondernemings, me. Louise Shixwameni, gister op die ontbytprogram Good Morning Namibia...

Teenstropery: 280 polisielede veg saam

16 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg Altesaam 280 polisielede van oraloor die land word in teenstropingseenhede op 'n driemaandelikse roteringsbasis in die Palmwagkonsessie en die Etosha en Bwabwata Nasionale...

Meer as N$350 000 se goedere kry voete

16 ure gelede | Misdaad

Volgens die Namibiese polisie se misdaadverslag het skelms Woensdag om 14:00 die venster van 'n voertuig in Windhoek se noordelike nywerheidsgebied stukkend geslaan. Die insittende...

Weer vir 18 September

16 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Baie warm toestande sal oor die binneland voortduur.BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en bloedig warm in die Suide, andersins sonnig en baie tot bloedig warm.KUS: Bewolk...

Konferensie fokus op gehalte-onderrig

16 ure gelede | Onderwys

Die Nasionale Raad vir Hoër Onderrig het, in vennootskap met die Namibiese Kwalifikasie-owerheid en die Universiteit van Namibië (Unam), die Universiteit van Wetenskap en Tegnologie...

'n Kolwyntjie vir Nadine

16 ure gelede | Plaaslik

Tanja Bause'n Elfjarige meisie van Windhoek het verlede jaar tydens die Internasionale Dansfees in Suid-Afrika stof in ander deelnemers sê oë geskop, en is hard...