Min Covid-19-toetse op Nuwejaarsdag verwerk
Soos op Kersdag is aansienlik minder toetse verwerk, wat veroorsaak het dat net 109 nuwe gevalle van Covid-19 gisteraand vir die eerste dag van 2021 aangekondig is.
Net 490 toetse is geprosesseer. Op Kersdag is 585 monsters verwerk teenoor 1 467 op Gesinsdag.
Van die nuwe gevalle toon 73, twee derdes, reeds simptome. ‘n Derde is kontakte van reeds bevestigde gevalle.
Streeksgewys is die volgende aantal pasiënte op Nuwejaarsdag uit isolasie ontslaan en word as herstel beskou: Erongo 89, Khomas 56, Omaheke 36, //Kharas 17 en 6 in die Omusatistreek.
Outapi het nou meer as 100 gevalle aangeteken en Omusati meer as 200. Erongo het meer as 5 500 gevalle en Kunene meer as 500 – hoofsaaklik weens ‘n uitbreking op Opuwo.
‘n Totaal van 241 persone was Vrydag gehospitaliseer; 39 van hulle in die ICU.
Windhoek se sterftesyfer het die 100-merk verbygesteek nadat nog 4 verwante sterftes in die hoofstad aangeteken is, asook ‘n sterfte op Keetmanshoop. Die besonderhede is as volg:
27 Des. 88-jarige vrou, 68-jarige vrou
31 Des. 66-jarige man
1 Jan. 72-jarige man, 55-jarige vrou (Keetmanshoop)
Op Nuwejaarsdag is 25 persone in kwarantyn opgeneem en 91 is ontslaan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie