Miltsiekte: Baie karkasse al verbrand
Miltsiekte: Baie karkasse al verbrand

Miltsiekte: Baie karkasse al verbrand

Francoise Steynberg
Francoise Steynberg - Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeyo Muyunda, het vanoggend bevestig dat meer as 80 karkasse van seekoeie en buffels teen Woensdag reeds verbrand is as voorkomingsmaatreël om miltsiekte in die Noordooste te bekamp.

"Net Woensdag is altesaam 15 karkasse, waarvan drie buffelkarkasse, deur die grondspan verwyder," het Muyunda gesê.

Die uitbreking van miltsiekte is verlede week in die Bwabwata Nasionale Park bevestig en 'n veldtog is van stapel gestuur om die hoogs aansteeklike siekte te bekamp.

Die ministeries van landbou, water en bosbou; die omgewing en toerisme, visserye en mariene hulpbronne en gesondheid en maatskaplike welsyn is by die veldtog betrokke.

Die ministerie van visserye en mariene hulpbronne het intussen 'n waarskuwing gerig dat mense nie visse in die Kavangorivier mag vang, eet, hanteer of verskuif nie.

Lees die volledige berig in Vrydag se Republikein.

Foto verskaf

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A