Miltsiekte: 724 mense kry voorkomende behandeling
Francoise Steynberg - Altesaam 724 mense het reeds voorkomende behandeling in die Kavango-Oosstreek teen miltsiekte ontvang ná die uitbreking van die hoogs aansteeklike siekte in die Bwabwata Nasionale Park.
Die woordvoerder van die ministerie van die omgewing en toerisme, mnr. Romeo Muyunda, het bevestig dat geen gevalle van miltsiekte onder mense en vee dusver gekry is nie.
“Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste is besig met ‘n bewusmakingsveldtog in die gemeenskap en die inwoners van die Mukwe-kiesafdeling kry voorkomende behandeling teen miltsiekte,” het Muyunda vanoggend gesê.
Hy het bevestig dat altesaam 117 seekoei- en sewe buffelkarkasse reeds vernietig is.
“Die inentingsproses van vee deur die ministerie van landbou, water en bosbou duur vandeesweek in geraakte gebiede voort,” het Muyunda gesê.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie