Miller behaal oorheersende sege
Fietsry
Alex Miller is vir die tweede opeenvolgende jaar die titelhouer van die Nedbank nasionale bergfietskampioenskap, ná sy oortuigende sege gister teen sy groot uitdager vir die land se Olimpiese posisie, Tristan de Lange. Miller (19) het kort ná die voltooiing van die eerste van sewe baanrondes by die Farm Windhoek-baan van De Lange (23) weggebreek en deurgaans op sy voorsprong voortgebou om uiteindelik met ’n gemaklike verskil eerste oor die eindstreep te seil. Miller het sodoende vergoed vir sy nederlaag teen De Lange die vorige naweek in die Nedbank-reeks van veldbyeenkomste. Op die foto word Miller gelukgewens deur Piet Swiegers, een van die vroeë mentors in sy loopbaan en wenner van die veteraanmanskategorie, hoewel hy eintlik reeds in die meestersklas ry. In die elite vroueresies het Michelle Vorster ook haar titel behou met ’n oortuigende sege wat haar op koers vir volgende jaar se Olimpiese Spele hou.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie