Miljoene vir Kubaanse, Chinese vrywilligers
Miljoene vir Kubaanse, Chinese vrywilligers

Miljoene vir Kubaanse, Chinese vrywilligers

Die ministerie van gesondheid se besteding sover vanjaar laat verskeie wenkbroue lig.
Jemima Beukes
Jemima Beukes – Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste het meer as N$56 miljoen vir die dienste van Chinese en Kubaanse vrywilligers tydens die eerste kwartaal van die finansiële jaar 2020-2021 opgedok.

Dit het voorts aan die lig gekom die regering het ook ’n totaal van N$100 miljoen vir bloedoortappingsdienste vir 2020-21 betaal – 66% hoër as die jaarlikse gemiddeld van N$60 miljoen.

Die uitvoerende direkteur van gesondheid en maatskaplike dienste, mnr. Ben Nangombe, het gister by navraag verduidelik dié verkryging word deur direkte aankope gedoen met die betrokkenheid van die sentrale verkrygingsraad (CPB).

“Wat die Kubane betref, is die ontplooiing van die Kubaanse mediese span gegrond op ’n unieke bilaterale ooreenkoms tussen die twee lande. Ingevolge hierdie ooreenkoms maak ons sekere betalings vir dienste gelewer. Jy kan nie ’n mededingende proses hê nie, want daar is geen ander ooreenkoms nie.”

Volgens hom word geen betalings vir Chinese mediese personeel gemaak nie, behalwe hul verblyfskoste.

Nangombe het benadruk die land het net een bloedoortappingsdiensverskaffer. “Sedert ek gekom het (by die gesondheidsministerie aangesluit het) is die gemiddeld N$60 miljoen.”

Die uitvoerende direkteur het gesê die tyd het dalk aangebreek vir Namibiese entrepreneurs om daaraan te dink om ’n mededinger-bloedoortappingsdiens te vestig.

Die verkrygingsverslag wat op die ministerie van finansies se webtuiste verskyn, sluit betalings in wat direk aan die betrokke verskaffer gedoen is sonder dat dit deur die CPB gegaan het, onder meer N$167 783 aan Multichoice vir die hele ministerie tot 2021. Laventel-gegeurde handseep vir Omusati was N$137 733; die jaarlikse evalueringsbydraes vir onderskeidelik die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) MIV/vigs was onderskeidelik N$700 000 en N$1,4 miljoen, terwyl die jaarlikse betaling aan die Raad vir Gesondheidsberoepe (HPCNA) N$15 miljoen was.

Petrol- en kaartdienste vir die tydperk 1 April tot 30 Junie vanjaar het N$15 miljoen beloop. Patologiedienste by die Namibiese Instituut vir Patologie (NIP) vir 2020-2021 is N$500 miljoen.

PRESIDENSIëLE VOORDELE

Die kwartaallikse verkrygingsverslag vir 2020-21 toon dat die kantoor van die presidensie N$31 470 aan kombuistoerusting vir pres. Hage Geingob se jeugadviseur, me. Daisry Mathias, bestee het. Die presidensie het hiernaas N$17 790 betaal vir die installering van lugreëling by Mathias se woning.

Mathias het gister by navraag die aankope bevestig. Volgens haar is daar niks daarmee verkeerd nie.

“Hierdie aankope was ingevolge my meubeltoelaag (as deel van my) diensvoorwaardes, wat eenmalig een keer per ampstermyn van toepassing is.”

Luidens die verkrygingsverslag is N$51 245 se amptelike meubels ook vir die private woning van me. Christine //Hoebes, minister in die presidensie, gekoop.

’n Amptelike televisiestel ten bedrae van N$9 999 is ook vir //Hoebes se private woning deur die presidensie aangekoop.

//Hoebes was nie gister vir kommentaar bereikbaar nie.

Volgens die uitvoerende direkteur in die presidentskantoor, amb. Grace Uushona, is hulle geregtig op die byvoordele.

“Die eerbare minister en die raadgewer Daisry is lede van die openbare ampsdraers (POB’s) en dit is deel van hul vergoeding, nes enige ander POB-lede.”

Die presidensie het voorts tydens die tersaaklike tydperk vier Macbook-skootrekenaars ter waarde van N$96 750 en twee aanvullende Macbook Pro & Powerlink ten bedrae van N$71 000 aangekoop.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 343.50/OZ UP +0.55% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.65% | Zinc US$ 2 873.40/T UP 0.67% | Brent Crude Oil US$ 89.44/BBP UP +0.61% | Platinum US$ 912.19/OZ DOWN -0.004