Miljoene om skole op te knap
Henriette Lamprecht
Danksy 'n oudit wat die ministerie van onderwys, kuns en kultuur op spookonderwys gedoen het, asook die korrektiewe stappe wat daarná geneem is, het dié ministerie sowat N$34 miljoen gespaar.
President Hage Geingob het tydens sy staatsrede ook goeie nuus gehad met betrekking tot die opknap en herstel van vervalle onderwysgeriewe.
In dié verband gaan die Versnelde Ontwikkelingsprogram vir Infrastruktuur by skole teen 'n koste van N$1,3 miljard in die tweede kwartaal van die jaar afskop.
Dít sal volgens die staatshoof ook broodnodige werksgeleenthede vir jongmense skep.
In 1992 het Namibië 1 325 staatskole gehad en met 523 bykomende skole wat die afgelope 25 jaar in die land gebou is, staan dié syfer volgens Geingob tans op 1 848 skole.
Dit beteken 'n gemiddeld van 20 skole is per jaar gebou.
Permanente klaskamers in alle staatskole wat in 1992 op 8 426 gestaan het, het teen verlede jaar tot 22 926 verdriedubbel.
Geingob het die voedingsprogram by skole as 'n sleutelfaktor in die uitwissing van armoede uitgesonder en gesê tydens die vorige boekjaar het 365 854 kinders by 1 456 skole hierby gebaat. Volgens hom sal dié program met kleinhoeweboere verbind word in 'n poging om die voedselmandjie uit te brei, terwyl dit gemeenskappe bemagtig om vir skole te produseer en ook ekonomiese aktiwiteite op 'n plaaslike vlak stimuleer.
Hy het gesê die aantal inskrywings van kinders by Vroeë Ontwikkelingsentrums (ECDs) het van 76 061 in 2016 tot 83 265 die volgende jaar gestyg en dié styging van 8 204 kinders sal die gehalte en uitkoms van onderrig in die lang termyn verbeter. Geingob het beklemtoon goeie vooruitgang is sedert onafhanklikwording op die gebied van plaaslike onderwys gemaak. Hiervan getuig die inskrywings vir preprimêre en primêre onderrig wat van 89,2% in 1992 tot 97,7% verlede jaar gestyg het.
Inskrywings vir preprimêre onderrig het van 5 482 in 1992 tot 41 606 in 2017 gestyg. Die sukseskoers vir leerlinge in graad 7 het ook van 59,3% tot 98,7% gestyg, terwyl dié van graad 12-leerlinge byna verdubbel het in dieselfde tydperk - van 25,8% tot 44,6%.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie