Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

‘Bestuurder roekeloos, onder invloed’

11 November 2019 | Howe
Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar die bestuurder van die ander voertuig vir miljoene in skadevergoeding.

Dunja von Dewitz het op 15 Oktober 2016 in ’n ongeluk in Windhoek op Mandume Ndemufayoweg gesterf waarin haar vriend, Roedolf Jaco (RJ) Visser, ernstig beseer is.

Von Dewitz se ouers, mnr. Jochen en me. Erna von Dewitz, eis saam met Visser se ouers, me. Alieta en mnr. Werner Wiese, byna N$11 miljoen van mnr. Jacobus van Schalkwyk, die bestuurder van die voertuig.

Van Schalkwyk se ouers, mnr. Piet en me. Liezl van Schalkwyk, is die tweede en derde respondente.

Hy is ná die ongeluk van strafbare manslag aangekla. Volgens hofstukke het hy voor die ongeluk teen ’n hoë spoed, roekeloos en onder die invloed van alkohol bestuur.

Von Dewitz het weens ’n ernstige kopbesering gesterf, terwyl Visser ook ernstige kopbeserings gehad het en vir drie dae ná die ongeluk in ’n koma was.

Volgens hofstukke ervaar hy steeds woede en skuldgevoelens weens Von Dewitz se dood en is hy angstig wanneer hy ’n voertuig bestuur.

Hy ontvang steeds psigiatriese behandeling. Die mediese fonds waaraan hy behoort het net N$286 253 van sy mediese uitgawes gedek.

Die Motorvoertuigongelukkefonds (MVAF) het ten spyte van eise wat ingedien is, geen uitbetalings gemaak nie. Visser eis N$4,7 miljoen vir onder meer mediese uitgawes, die verlies aan ’n toekomstige inkomste, emosionele skok en psigiatriese skade.

Volgens die Von Dewitz-egpaar ly hulle sedert die verlies van hul dogter aan depressie en posttraumatiese stres.

Hulle ontvang steeds sielkundige behandeling, gebruik antidepressante en sukkel om in sosiale omstandighede te funksioneer.

Erna het ook ’n “sielkundige, abnormale weersin en antagonisme” teenoor enigiets ontwikkel wat met motorongelukke verband hou – tot so ’n mate dat sy “buitensporig verward, benoud en kwaad” raak wanneer sy die geluid van ’n motor hoor.

Volgens die egpaar sou Von Dewitz die bestuur van hul familieplaas Otjundji in die Okahandjadistrik oorneem wanneer hulle aftree.

Haar pa eis N$2,5 miljoen vir onder meer ’n verlies aan ondersteuning en emosionele skok, terwyl Erna N$3 miljoen eis.

Die Wiese-egpaar se eis beloop meer as N$800 000 vir onder meer die gedeeltelike verlies aan inkomste.

Van Schalkwyk is in Desember 2016 van strafbare manslag aangekla en dat hy Von Dewitz se dood “onregmatig en weens nalatigheid” veroorsaak het.

Alternatiewelik tot die eerste klag is Van Schalkwyk volgens die padverkeerwet van roekelose of nalatige bestuur aangekla.

Dié klag teen hom is volgens hofdokumente in Junie 2017 “voorlopig” teruggetrek omdat die ondersoek toe nog nie afgehandel was nie.

Die saak is tans van die hofrol geskrap, maar wanneer die ondersoek voltooi is, sal dit volgens hofdokumente “weer terug op die rol geplaas word”.

Soortgelyk

 

Miljoene gevra ná ongeluk leerling eis

6 ure gelede | Howe

Henriette Lamprecht – Die ouers van ’n matriekleerling wat in 2016 in ’n motorongeluk dood is en waarin haar vriend ernstig beseer is, dagvaar...

Geingob neem aanstoot

6 ure gelede | Regering

Denver Kisting – ’n Hoë prys is vir Namibië se demokrasie betaal en strukture mag nie vir persoonlike en politieke gewin misbruik word nie. “Ons...

VERKIESINGS 2019: PRESIDENSIËLE KANDIDATE

6 ure gelede | Politiek

Bernardus SwartbooiLandless People's Movement (LPM) Bernardus Clinton Swartbooi het weggebreek van Swapo toe hy in 2017 weens kritiek teen die regering gedwing is om as...

Weer vir 11 November 2019

6 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met enkele tot geïsoleerde donderstorms in die Noorde, Noordooste en oostelike dele. Elders sal dit gedeeltelik bewolk...

Namibië, China se band opnuut gekap

6 ure gelede | Regering

Denver Kisting – Pres. Hage Geingob loop veral in die sosiale media deur nadat China se premier, me. Sun Chunlan, gesê het dié land en...

‘Gevaarlike’ man ná vyf dae aangekeer

6 ure gelede | Misdaad

Denver Kisting – Vyf dae nadat ’n man onder polisiebewaking uit ’n hospitaal verdwyn het, is mnr. San Ricky Geingob weer agter tralies.Hoofinsp. Kauna Shikwambi,...

‘Jagter’ se prokureur onttrek

6 ure gelede | Misdaad

Francoise Steynberg - Die sogenaamde jagter wat daarvan beskuldig word dat sy ’n Britse joernalis tydens ’n jag- en visvangsafari ingeloop het, se regsverteenwoordiger het...

Tragedie tref toergroep

6 ure gelede | Ongelukke

Iréne-Mari van der Walt op Swakopmund - Altesaam 34 Duitse toeriste se Namibiese reis is kortgeknip ná hul “Rotel”-bus aan die brand geslaan het.Die bus...

VERKIESINGS 2019: GRONDHERVORMING, LANDBOU EN DIE KLIMAAT

6 ure gelede | Politiek

In die reeks neem ons politieke partye se manifeste in oënskou wat sekere sleutelkwessies betref.ALL PEOPLE’S PARTY (APP)• Vergoeding vir volksmoorde en hervestiging van die...