Mikroleners veg vir groter vryheid
Uitermatige beheer oor kontantlenings is volgens 'n groep gegriefde mikroleners in stryd met die Grondwet.
Marc Springer – Nuwe wetgewing oor mikrolenings maak dit volgens talle van dié besighede onmoontlik om sake te doen.
Die Wet op Mikrolenings van 2018 se doelwit was om verantwoordelike leenpraktyke te bevorder.
Die regering dring aan streng beheer is nodig om leners te beskerm. Hierteenoor voer die klaers aan hul kontraktuele vryheid word ingeperk en dat die wet onredelike beperkings plaas op die vryhede om 'n bedryf en beroep te beoefen.
Aiso Cash Loan CC en 25 ander mikroleners het sewe respondente hof toe gesleep, onder wie die staatshoof, eerste minister, prokureur-generaal, die minister van finansies en die waghond vir finansiële diensinstellings, Namfisa.
Regulasies vereis mikroleners moet verskeie stappe nakom om veral diegene met 'n beperkte inkomste en gebrekkige opvoeding teen uitbuiting te beskerm.
REGULASIES
So 'n kontantbank moet byvoorbeeld vooraf vasstel wat die finansiële vermoëns van 'n voornemende lener is. Mikroleners mag net sekere fooie hef, is beperk tot 'n rentekoers van hoogstens 30% en hulle mag ook nie leners vra om enige blanco dokumente te onderteken waarin hulle aan laste blootgestel word of hul regte ophef nie.
Die wet plaas 'n verbod op die toestaan van 'n tweede lening sonder 'n ondersoek na die bekostigbaarheid daarvan vir 'n kliënt.
Daar moet duidelike bewyse wees dat so 'n persoon die lening sal kan terugbetaal.
Mikroleners mag nie regstappe teen kliënte doen sonder om hul vooraf in te lig nie en mag ook nie eiendom van 'n wanbetaler eis as vergoeding nie.
Sulke besighede mag ook nie deposito's ontvang of mense se bankkaarte of enige identiteitsdokumente hou as waarborg totdat 'n lening vereffen is nie.
'n Eenvoudige kontrak in leketaal moet met elke kliënt gesluit word en leners moet ook state van mikroleners ontvang.
'OORBOORD'
Volgens die klaers is die wet en verskeie gepaardgaande regulasies “ontoelaatbaar, subjektief, uitermate wydlopig, vaag, onredelik en arbitrêr”.
Die wetsdele en regulasies is volgens hulle in stryd met basiese sake- en ander vryhede wat die Grondwet waarborg.
Die klaers voer ook aan hulle is nie oor die wetgewing geraadpleeg nie.
Al die voorskrifte maak dit volgens hulle basies onmoontlik om 'n klein kontantleningsbesigheid te bedryf.
Die minister van finansies mag byvoorbeeld maksimum leningsbedrae en maksimum terugbetalingsperiodes bepaal.
Sulke magte gee aan uitvoerende beamptes volgens die klaers die gesag van wetgewers.
Die klaers betwis die verbod om lenings toe te staan wat iemand glo nie sal kan bekostig nie. Hulle voer aan mense het byvoorbeeld ander bronne van inkomste as hul salaris.
Die mikroleners sê dit is dikwels onmoontlik om vooraf die kredietwaardigheid van 'n lener te bepaal.
Hulle kritiseer ook die vae vereistes dat eienaars van 'n mikroleningsbesigheid oor die nodige ondervinding moet beskik, onkreukbaar van karakter moet wees en oor professionele integriteit, omsigtigheid en talle ander vaardighede en eienskappe moet beskik.
BOETES
Strawwe vir die oortreding van die wet is volgens die klaers ook oordrewe.
Die wet skryf 'n boete van tot N$500 000 voor, gekombineer met tot vyf jaar se tronkstraf vir enige “administratiewe oortreding”.
Mikroleners daag ook die bepaling uit dat registrasie van hul besighede deur openbare belang bepaal word. Namfisa moet ook vooraf seker wees 'n mikrolener voldoen aan alle standaarde en dat so 'n besigheid nie die wet sal oortree nie.
Die mag van 'n inspekteur om in enige stadium toegang tot 'n mikrolener se boeke te eis en so 'n besigheidsperseel te betree, is volgens die klaers ook onregverdig.
Die saak dien voor regter Boas Usiku en is weer vir 30 Junie op die hofrol nadat 'n bemiddelingsvergadering wat op 26 Mei moes plaasvind, gekanselleer is.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie