Meubels en matrasse vir Hephata
Windhoek se Rotariër-klub het die Hephata-sentrum in Katutura weer eens ondersteun.
Hephata is in 1989 deur die Duitse Evangeliese Lutherse Kerk (DELK) gestig en versorg volwassenes met verstandelike of fisieke uitdagings.
Die sentrum word deur me. Regina Kondombolo bestuur, wat tans rolstoelgebonde is ná een van haar bene weens diabetes geamputeer is.
Met die hulp van die Rotary District 9350 het Windhoek se Rotariër-klub 10 nuwe matrasse en meubels ter waarde van N$35 000 vir die sentrum aangekoop.
Die tafel en twee banke is van herwinbare plastiek gemaak, is onbreekbaar, maklik om skoon te hou en baie gemaklik.
Windhoek se Rotariër-klub samel fondse vir gemeenskaplike projekte deur middel van die jaarlikse Namibia Pick n Pay Cycle Classic in.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie