Metromans laat die geld behoorlik inrol
Metromans laat die geld behoorlik inrol

Metromans laat die geld behoorlik inrol

Die skoonheidsalon Sorbet se afdeling vir mans het in die afgelope boekjaar alle groeiverwagtinge oorskry.
Francois Williams – Die metroman word ’n ekonomiese faktor in Suid-Afrika. Die skoonheidsalon Sorbet se afdeling vir mans, Sorbet Man, het in hul eienaar Long4Life se afgelope boekjaar alle groeiverwagtinge oorskry en het nou 21 takke.

Sorbet het 207 takke landwyd en die belangstelling van potensiële franchise-eienaars is steeds sterk, sê Long4Life in die kommentaar op sy resultate vir die boekjaar tot einde Februarie.

Dit is die groep se eerste jaarsyfers sedert sy notering op die JSE in April 2017. Long4Life word gelei deur die veteraan-entrepreneur Brian Joffe.

Sorbet is oorspronklik in 2004 deur die entrepreneur Ian Fuhr begin. Hy het sy groep skoonheidswinkels in 2017 aan Long4Life verkoop.

Business Insider berig Fuhr het ná die transaksie in 2017 besluit om Sorbet in Brittanje uit te brei, maar dié inisiatief het misluk en die vier takke daar is teen die einde van Januarie gesluit.

Fuhr het self teen Februarie vanjaar besluit om halt te roep en het uit die onderneming bedank.

Intussen het Sorbet tuis sy beheergroep se verwagtinge oortref en vir die eerste keer sy omset vir die jaar tot meer as R100 miljoen opgestoot. Dit is 19% beter as die vorige jaar. Sorbet se handelswins het met 74% geklim.

Long4Life beplan ’n opknap van sowat 60 van die bestaande Sorbet-takke in die lopende jaar. Benewens Sorbet Man is Sorbet Salons, Nail Bars, Dry Bars en Candi & Co deel van die reeks handelsnaam-takke binne Sorbet.

Sorbet SK-N is ’n nuwe velbehandelingsaanbod wat vandeesmaand in Hyde Park Corner in Johannesburg oopgemaak gaan word.

Sportklere

Long4Life se sport- en ontspanningsafdeling, wat uit onder meer Sportsmans Warehouse en Outdoor Warehouse bestaan, het minder opwindende groei getoon.

Sportsmans Warehouse het in die boekjaar ’n nuwe, kleiner soort winkel bekend gestel wat meer daarop gemik is om binne ’n winkelsentrum te pas as op ’n alleenstaande perseel.

Drie van die nuwe konsepwinkels is in die afgelope jaar geopen - in die Rosebank Mall, Sandton City en die Eikestad Mall in Stellenbosch.

Sportsmans Warehouse het nou ’n totaal van 43 takke. Die volgende winkel van dié aard maak vandeesmaand in die Eastgate Mall aan die Oos-Rand oop. Bestaande takke sal oor die volgende drie jaar aangepas word met nuwe ontwerp-elemente.

Outdoor Warehouse se verkopegroei was in die boekjaar effe traag op 3,3%. Long4life skryf dit toe aan prysdeflasie en die Desember-skoolvakansie wat korter was as gewoonlik, wat ’n demper geplaas het om mense se tradisionele uitkamp-vakansies, en dus ook op hul vraag na buitelewe-produkte. Outdoor Warehouse moes selfs twee van sy winkels verklein om kostedoeltreffendheid te verbeter. Outdoor Warehouse het 26 takke en ’n nuwe tak gaan later vanjaar in Randburg oopmaak.

Speedo

Long4Life se Performance Brands-afdeling het die eksklusiewe verspreidingsregte vir Speedo se swemdrag gekry. Die kontrak geld van Januarie 2020.

Performance Brands besit, vervaardig en versprei sport- en buitelewe-kleredrag van First Ascent, Capestorm, Second Skins, OTG Active en African Nature. Dié afdeling se totale eksterne verkope het met 2,5% gekrimp, en verkope via Long4life se eie kleinhandeltakke het met net 0,5% gegroei.

Koeldrank

Die groep se koeldrank-afdeling is effe geraak deur beurtkrag, wat sy aanlegte in Stellenbosch (Chill Beverages) en Heidelberg in Gauteng (Inhle Beverages) geraak het. Maar die watertekorte in die Wes-Kaap het nie juis ’n effek gehad nie.

Die suikerbelasting wat op 1 April 2018 van krag geword het, het nie juis verbruiksvolumes geraak nie, maar het die afdeling se winsmarges effe geraak.

Long4Life het Inhle in 2017 gekoop en Chill Beverages in 2018. Chill Beverages vervaardig die ikoniese Wes-Kaapse koeldrank Bashews, die energiedrankie Score, die mengdrankies Fitch & Leedes, en die vonkelwyn-in-’n-blikkie genaamd Chateau del Rei.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!