Metcalfe: ACC sleep voete met ondersoek

10 July 2020 | Howe
Jemima Beukes – Die Teenkorrupsie-kommissie (ACC) sleep hul voete en het nie genoeg fondse om ’n ordentlike ondersoek van stapel te stuur nie, het mnr. Richard Metcalfe Donderdag in die Windhoekse landdroshof gesê.

Metcalfe, regsverteenwoordiger van die voormalige visserye-minister mnr. Bernhard Esau en sy skoonseun en medebeskuldigde in die Fishrot-korrupsiesaak, mnr. Tamson Hatuikulipi, sê sy kliënte ly hieronder.

Volgens Metcalfe is dit onaanvaarbaar dat die ACC agt maande ná sy kliënte se inhegtenisneming nog nie beslag op hul reisdokumente gelê het as hulle ’n vlugrisiko is nie.

Metcalfe wou ook van die ACC weet waarom die destydse prokureur-generaal, mnr. Albert Kawana, en justisieminister, mnr. Pendukeni Ivula-Ithana, goedkeuring verleen het aan mnr. Sacky Shanghala as voorsitter van die Regshervorming en Ontwikkelingskommissie (LRDC) se plan om die Mariene Hulpbronnewet van 2000 te wysig.

Mnr. Willem Olivier, ondersoekbeampte van die ACC, het bevestig dat Kawana en Ivula-Ithana, asook mnr. Toucy Namiseb, by korrespondensie ingesluit was.

“So, dit lyk of meer persone ingesluit was. Volgens jou teorie moet hierdie mense ook in die groot skema genoem word,” het Metcalfe gesê.

Volgens Metcalfe is die verandering aan wetgewing nie gedoen met die opset om bedrog te pleeg soos deur die ACC beweer nie, maar om meer Namibiërs in die visserysektor in te sluit.

Metcalfe het aan Olivier gesê die probleem met die ondersoek is dat Olivier geen kennis dra van hoe die visserybedryf of die regulasies werk nie.

GELDMAKER

Metcalfe het bygevoeg omdat Namibiese visvangregtehouers nie die verwagte finansiële en tegniese kapasiteit het om hul kwotas te vang nie, buitelandse beleggers ingekom het om gesamentlike vennootskappe te vorm.

Dit is deur hierdie gesamentlike venootskappe, het Metcalfe verduidelik, dat mnr. Tamson Hatuikulipi ’n aansienlike inkomste gekry het.

“Daar was ’n groot kommersiële aansporing vir iemand wat hierdie soort gesamentlike vennootskappe gereël het.

“Daar is sulke ooreenkomste in jul lêers tussen Tamson Hatukuilipi en verskeie entiteite van die Yslandse seekosreus Samherji,” het Metcalfe gesê.

Volgens Olivier is hierdie ooreenkomste deur die ACC as valse ooreenkomste beskou om betalings te vergemaklik/fasiliteer.

Metcalfe het Olivier ingelig dat Hatuikulipi verskeie gesamentlike vennootskappe tussen Namibiese visvangregtehouers en buitelandse maatskappy onderhandel het en in die proses sy neef, mnr. James Hatukuilipi, betrek het wat baie mense in hierdie maatskappy ken weens sy uitgebreide betrokkenheid in die kommersiële sector.

Dit is volgens Metcalfe waarom die Samherji-groep in 2012 vir Tamson gevra het om hul nuwe vissersboot, Heinaste, in Namibië te ontvang.

PLOT-TRANSAKSIE

Metcalfe het gesê die rede waarom Esau nie plot 51 op Otjiwarongo as deel van sy sekuriteit gelys het nie, is omdat hy nooit die plot gekoop het nie.

Volgens Metcalfe het Esau die plaaslike prokureur, mnr. Maren de Klerk, genader vir ’n plot om te koop en het hom later ingelig dat hy nie die geld het om die plot te koop nie.

Tot Esau se groot verrassing was die plot binne vyf dae in sy naam geregistreer.

Metcalfe het die ACC van blote bespiegeling beskuldig en ook die hof ingelig dat mnr. James Hatuikulipi se maatskappy, Tundavale Investments, nie in Dubai geregistreer is nie, maar in Ras Al-Khaimah, een van die emirate in die Verenigde Arabiese Emirate.

Olivier het aan die hof gesê die ACC ondersoek die saak en het vir fakture en rekords verwant aan hierdie maatskappy gevra om die bedrag en sy oorsprong van te stel.

Esau en mnr. Tamson Hatuikulipi se borgtogverhoor duur Vrydag voort.

Mnr. Florian Beukes adviseer Metcalfe.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Covid-19: Verkiesings ‘kompleks, intens’

1 uur gelede | Politiek

Denver Kisting en Kristien Kruger – Die hoofkiesbeampte van die Verkiesingskommissie van Namibië (ECN), mnr. Theo Mujoro, sê om die plaaslike owerheid- en streekraadsverkiesings later...

Eina, jou doring

1 uur gelede | In beeld

Kristien Kruger het die foto van die geelvink wat op ’n doringdraad hardloop in haar tuin in Klein Windhoek geneem.

‘Kommerwekkende styging’ in Windhoek-gevalle

1 uur gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – Die aantal Covid-19-gevalle in Windhoek is besig om vinnig te styg, ‘n situasie wat deur die minister van gesondheid en maatskaplike dienste,...

Sluit van howe in openbare belang- Dausab

1 uur gelede | Howe

Denver Kisting – Me. Yvonne Dausab, die minister van justisie, sê hoewel hofdienste, wat ’n integrale deel van geregtigheid vorm, beperk sal wees vanweë beskikbaarheid...

Weer vir 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Weer

WEERWAAK: Koue toestande sal in die Suide voorkom. BINNELAND: Sonnig en matig in die Suide. Elders sal dit sonnig en warm tot baie warm wees....

Uitlewerings op ys weens virus

1 uur gelede | Misdaad

“Daar is individue van belang, wat vermoedelik in ons buurlande is; sommige is opgespoor en (ons) wag op die afhandeling van die vereiste administratiewe prosesse.”...

Eros se aanloopbaan opgeknap

1 uur gelede | Vervoer

Ronelle RademeyerOfskoon daar nie geld is vir omvattende rehabilitasie van die aanloopbaan by die ­Eros-lughawe in Windhoek, gaan tussentydse herstelwerk oor die volgende drie maande...

Trane loop nog steeds oor Frieda Ndatipo

1 uur gelede | Mense

Jana-Mari SmithSes jaar nadat die ­ongewapende protesteerder me. Frieda Ndatipo gedurende 'n geveg tussen die Swapo-strydkinders en die Namibiese polisie voor Swapo se hoofkantoor doodgeskiet...

Lesersfoto's 12 Augustus 2020

1 uur gelede | Lesersfoto's

Gelukkige varkie: “Dit is soos dit hoort,” sê Björn Basler. Familie: AK van Donkerhoek het die foto van die wilde perde by Aus geneem. Mooi:...