Metair: Mens kan nie die sprong in volume ignoreer
Frans de Klerk en Christelle de Klerk – Metair bestuur ’n portefeulje van maatskappye wat hoofsaaklik in vervaardiging en verspreiding in die motorbedryf betrokke is.
Hy is bedrywig in 46 lande dwarsoor die wêreld. Dit maak van hom dus ’n goeie randverskanser.
In die ses maande geëindig Junie 2018 het sy verdienste per aandeel met 16% toegeneem en sy inkomste het met 10% gestyg.
’n Vierdubbele laagte (positief) is bevestig bo lyn A (R16,84). Dit is min dat tegniese beleggers ’n vierdubbele laagte sien, maar dit wys net hoe sterk steun die aandeel van beleggers kry telkemale wanneer die aandeel naby R13,50/R14 beweeg.
Die teiken van hierdie formasie is R20,20 indien dit sou uitspeel.
Onder R13,80 sal die formasie van die tafel af wees.
Die sprong in volume kan nie geïgnoreer word nie. Hou in gedagte dat wanneer formasies bevestig word met ’n sprong in volume, dit as bevestiging beskou word dat die formasie ’n goeie kans het om sy teiken te bereik.
Die 50- en 100-dae- bewegende gemiddeldes het nog nie mekaar na bo gekruis nie en wanneer hulle dit doen, sal dit die optimisme vir medium- tot langtermynbeleggers bevestig.
· Spekulante: Koop of oorweeg ’n langposisie bo R17,40, maar gebruik R15,20 as keerverlies om kapitaal te beskerm. Die moontlike teikens na bo is R17,63; R18,12; R18,52; R18,91; R19,48 en R20,20.
· Medium- tot langtermynbeleggers: Wag vir die 50- en 100-dae- bewegende gemiddeldes om mekaar na bo te kruis en begin dan akkumuleer, maar gebruik R14,30 as keerverlies om kapitaal te beskerm.
· Frans en Christelle de Klerk is onafhanklike tegniese ontleders en Christelle is ook ’n geregistreerde makelaar: www.fransdeklerk.com; www.chris-tell.com; Twitternaam: TraderFrans
– Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie