Met ’n e-fiets na sewe riviere

Vir twee maande en 4 000 km sal een man die speke van Suid na Noord laat sing.
Ter wille van die omgewing het mnr. Steve Galloway Maandag ’n fietstoer van 4 000 km na sewe riviere afgeskop.

Vir twee maande lank sal hy die speke met ’n eg Namibiese SunCycles e-fiets van Suid tot Noord laat sing.

Hy sal fiets trap van die Oranjerivier tot by die Kunenerivier in die Noordweste en dan na die verre oostelike hoek van die Zambezirivier.

Galloway is ’n bekende in die bank- en mynsektor en is ook Gondwana Collection Namibia se voorsitter.

Hy het op verskeie direksies en komitees van prominente Namibiese organisasies gedien, soos onder meer MTC, Gondwana Collection, die Namibiese Kamer van die Omgewing, die Instituut vir Korporatiewe Regering en die Community Conservation Fund of Namibia, wat onlangs gestig is om Namibië se 83 kommunale bewaringsgebiede te ondersteun.

’n Belangrike deel van sy reis is om Namibië se rol as bewaarder van die omgewing te vier.

Galloway sê hoewel Namibië ’n droë land is, is sy riviere die lewensbloed van baie gemeenskappe wat langs hulle woon.

“Die riviere is ook belangrik vir toerisme en wildlewe, wat die gedeelde oorgrens-ekostelsel insluit,” sê hy in ’n mediaverklaring van Gondwana.

“Die fokus van my reis is e-krag. Soos my fiets e-mobiliteit demonstreer, wil ek graag ’n fietskultuur in Namibië aanmoedig.”

Galloway fokus op e-mobiliteit en e-konnektiwiteit om landelike gemeenskappe te bemagtig.

“Dit sal die Bicycling Empowerment Network Namibia-konsep (BENN Namibia) bevorder met die boodskap dat fietse mense se lewens kan verander.

“Die doel is om e-fietse in te sluit sodat hulle goedkoper kan word en in karweiers, taxi’s, ambulanse en wildbewaardervoertuie omskep word,” verduidelik Galloway.

Voorts sal 35 skeepsvraghouers met geskenkte fietse landswyd in e-bokse of e-sentrums omskep word.

“Met MTC se ‘081 for everyone’, wat sorg dat Namibiërs in verbinding bly, sal e-onderwys ’n werklikheid word, en die e-bokse kan e-sentrums of selfs e-skoolsentrums word,” verduidelik Galloway.

Die borge sluit die Community Conservation Fund, RMB, FirstRand Namibia, Pupkewitz, Wilderness Safaris en B2Gold in.

Tydens sy fietstoer sal Galloway by die lodges van Gondwana Collection langs sy roete gehuisves word.

Alle skenkings vir die e-sentrums, soos onder meer fietse, herlaaipunte, tablette en selfone, kan aan die Gondwana Care Trust gemaak word.

Galloway se reis kan ook op Gondwana se Facebook-blad gevolg word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!