MET maak toerismesyfers vir 2018 bekend

Volgens die ministerie gaan die toerismebedryf van krag tot krag.
Yandi du Plessis - Volgens amptelike statistieke het die getal buitelandse besoekers aan Namibië van 2017 tot 2018 met ’n “indrukwekkende” 3,2% gegroei, en het die getal toeriste met 3,9% vir dieselfde tydperk gegroei.

’n Totaal van 1 659 762 buitelanders het Namibië in 2018 besoek, waarvan 1 557 279 toeriste was.

Die minister van die omgewing en toerisme, mnr. Pohamba Shifeta, het lede van die media en ander belanghebbendes gister toegespreek om 2018 se lang verwagte toerismesyfers eindelik bekend te maak.

“Dié statistieke gee ons die versekering dat ons goeie vordering maak in ons pogings om ons toerismebedryf te laat groei en ontwikkel.”

Die 10 lande wat in 2018 die meeste besoek aan Namibië afgelê het, is Angola, Suid-Afrika, Zambië, Duitsland, Zimbabwe, Botswana, Frankryk, Brittanje, Amerika en Nederland.

Die toptien- oorsese toeristemarkte is Duitsland, Frankryk, Brittanje, Amerika, Nederland, Switserland, Italië, België, China en Skandinawië.

Meer vroue (40,7%) het Namibië in 2018 as in 2017 besoek, hoewel dié getal met skaars meer as 1% op is.

In 2018 het die aantal mansbesoekers van 60,4% in 2017 tot 59,3% gesak.

Die meeste besoekers is tussen 30 en 39 jaar (25,9%), en die tweede grootste groep is tussen 40 en 49 jaar (20,6%) oud.

Die persentasie mense wat Namibië besoek om vriende of familie te besoek, is 50,9% en is meestal besoekers van ander Afrikalande.

Sowat 34,8% is vakansiegangers en 12,3% besoek Namibië vir sake.

Dié statistieke is noodsaaklik vir die beplanning en ontwikkeling van die Namibiese toerismebedryf.

“Ons moet weet hoeveel mense ons land besoek, van watter lande hulle af kom en hoe lank hulle hier is. Dié inligting is belangrik vir die groei en ontwikkeling van die publieke en private sektor. Hiermee kan hulle beter vir die toekoms beplan,” het Shifeta gesê.

“Sonder betroubare en akkurate statistieke is dit byna onmoontlik om ons langtermyndoelwitte vir ons 2030-visie te bereik.

“Dit gee ons die sekerheid dat ons in die wêreldmark as ‘deelnemers’ beskou kan word. Daar is nog baie ruimte vir verbetering in dié bedryf. In vergelyking met ander ekonomiese sektore in Namibië is die toerismebedryf besig om vinnig te groei, en ons glo die reis- en ontspanningsbedryf staan as een van dié met die grootste potensiaal uit.”

Die groei in toeristegetalle help die toerismebedryf om ’n groot bydrae tot die land se bruto binnelandse produk (BBP) te lewer, asook met grootskaalse werkskepping.

Toerisme beïnvloed die BBP en die ekonomie op verskeie maniere.

“Toerisme raak elke aspek van ons gemeenskap, en die impak daarvan kan veral in die plattelandse dele van ons land gesien word,” het Shifeta gesê.

Daar is wel geleenthede wat nog nie ten volle benut is nie. Namibië het ’n verskeidenheid produkte en geleenthede vir toeriste.

“Namibië het groot, oop ruimtes, natuurskoon en blootstelling aan uiteenlopende kulture. Toeriste word na bestemmings gelok deur vorige ervarings en deur dít wat die bestemming hulle kan bied. Vir ons om in dié bedryf te kan meeding, is dit belangrik om te sorg dat ’n hoë standaard gehandhaaf en doeltreffende dienste gelewer word.”

Om Namibië as gewilde toeristebestemming te bevorder, moet bemarking op ’n groter en doeltreffender skaal plaasvind, sê die minister.

Die toerismebedryf moet ook poog om ’n groter verskeidenheid produkte bekend te stel, meer op seisoenaliteit te fokus en meer strategiese bestuur toe te pas.

Die groeiende toeristesyfer het weer eens bewustheid van die belangrikheid van goeie infrastruktuur en menslike hulpbron-ontwikkeling geskep.

Die sukses van die toerismebedryf hang van die samewerking tussen alle belanghebbendes af, wat ’n aandeel in die bedryf het.

“Om ons land met die wêreld te deel, is ’n proses wat betekenisvolle publieke en privaat vennootskappe vereis om gehalteprodukte te vervaardig, bewustheid te skep en uitstekende kliëntediens te lewer.

Oor waarom die syfers laat vrygestel is, het die minister gesê hulle kry die data by verskillende ministeries, en hulle het nie die kapasiteit gehad om dit betyds te verwerk nie.

Hy sê beskikbare tegnologie sal in die toekoms beter ingespan word om data vinniger te verwerk.

Hulle hoop om 2019 se toerismesyfers teen Augustus vanjaar bekend te maak.

LUGREDERY SPEEL STEEDS ’N ROL

Shifeta het ook stilgestaan by die groot rol wat Air Namibia steeds in die toerismebedryf speel.

Van die buitelandse toeriste wat van lugvervoer gebruik maak, word 41% deur die nasionale lugredery ingevlieg.

Dit is ’n 6,7%-verbetering op die 2017-statistiek.

“Air Namibia loop die laaste tyd onder baie kritiek deur, maar ten spyte daarvan was dit in 2018 steeds die lugredery wat die meeste buitelandse toeriste na Namibië gevlieg het. Om dié rede moet ons alles in ons vermoë probeer doen om dit lewend te hou. Indien Air Namibia sou ondergaan, sal die toerismebedryf ’n groot knou kry, wat ook tot grootskaalse werksverliese sal lei.”

Die minister is ook versoek om die regering in dié geval aan te moedig om die plaaslike lugredery sterker te verdedig – veral ná die onlangse beriggewing dat slegs een Air Namibia-roete wel winsgewend is en ’n dringende tekort aan fondse het.

South African Airways (SAA) is tweede met 21,9% van lugpassasiers wat hulle invlieg, en Qatar Airways is derde met 8,6%.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-03-28

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.04/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0007 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 901.49/OZ UP +0.74% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 37° Rundu: 17° | 33° Eenhana: 18° | 33° Oshakati: 20° | 31° Ruacana: 19° | 33° Tsumeb: 17° | 29° Otjiwarongo: 16° | 28° Omaruru: 18° | 31° Windhoek: 17° | 28° Gobabis: 17° | 28° Henties Bay: 16° | 19° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:54, High tide: 04:57, Low Tide: 22:58, High tide: 17:16 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 29km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:55, Low Tide: 22:56, High tide: 17:14 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 33km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:52, High tide: 04:54, Low Tide: 22:56, High tide: 17:13 Rehoboth: 18° | 29° Mariental: 22° | 32° Keetmanshoop: 21° | 34° Aranos: 21° | 31° Lüderitz: 15° | 29° Ariamsvlei: 23° | 34° Oranjemund: 15° | 21° Luanda: 27° | 30° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 24° Mbabane: 15° | 23° Maseru: 12° | 28° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 29° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 28° Cape Town: 17° | 23° Durban: 21° | 25° Johannesburg: 18° | 28° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 18° | 30° Harare: 15° | 31° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.93 | EUR to NAD 20.5 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.98 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.8 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.25 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.99 | USD to ZMW 24.97 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 73909.5 Up +0.41% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1516.02 Down -0.13% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12981.98 Up +0.34% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 28224.37 Down -2.87% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 212.04/OZ UP +0.97% | Copper US$ 3.98/lb DOWN -0.0007 | Zinc US$ 2 449.90/T DOWN -0.27% | Brent Crude Oil US$ 87.11/BBP UP +0.84% | Platinum US$ 901.49/OZ UP +0.74%