Messi-misoes!
Sokker
Louis de Villiers - Lionel Messi het 'n strafdoel in Moskou verbrou en die Yslandse sokkerspan het nóg 'n mylpaal gevier deur 'n ligapunt te verdien uit hul eerste wedstryd ooit by die Wêreldbekertoernooi.
Doele deur Argentinië se Sergio Agüero en Alfred Finnbogason het die eindtelling Saterdag 1-1 gemaak en laat die Suid-Amerikaners moontlik met probleme om uit hul groep te kwalifiseer.
Argentinië het plek-plek gelyk asof hulle Ysland – wat ewe veel inwoners as die Palermo-woonbuurt in Buenos Aires het – van die veld af sou speel, maar die Yslanders was min of meer pal tien spelers agter die bal nadat Finbogason dinge ná 23 minute gelyk gemaak het.
Nou en dan het Messi en kie 'n gaatjie in hul patroon gevind, maar die doelwagter, Hannes Halldorsson, was amper klokslag op sy kop.
Uiters negatief, ja, maar dis hoe klein spanne teen groot spanne speel as hulle 'n doel kry en Argentinië was min of meer klaar in sy peetjie toe sy bestuurder, Jorge Sampaoli, sy span bekend gemaak het sonder name soos Ever Banega, Giovanni Lo Celso en Paulo Dybala daarin.
Messi het 'n alleenstryd gevoer om 'n bietjie vaart aan verrigtinge te gee, maar die bal is gans te stadig vorentoe gevoer dat Ysland – of enigiemand – veel slaap oor Argentinië hoef te verloor.
• Vroeër was die Australiese verdediger Josh Risdon die eerste slagoffer van 'n TV-skeidsregter by 'n Wêreldbekertoernooi toe hy die Fransman Antoine Griezmann platgetrek het. Griezmann het die strafdoel gebêre, maar die Aussie-kaptein, Mile Jedinak, het minute later dieselfde gedoen ná 'n lomp handbal van Samuel Umtiti.
Kazan: Frankryk 2 Australië 1
Daar was minder as tien minute speeltyd oor toe Paul Pogba die wedstryd vir Frankryk beklink het met 'n puik individuele doel – óók bevestig deur die TV-skeidsregter – maar Pogba se sukkelspel oor die algemeen sou opnuut vrae laat ontstaan het oor sy vermoëns as spilpunt vir 'n topspan.
Australië is een van die meer versukkelde spanne op dié toernooi. Die Hollander Bert van Marwijk het hulle in 'n kort rukkie verbasend netjies georganiseer, maar 'n span van Frankryk se kaliber behoort beter te vaar teen sulke teenstand.
Die Franse verdediging is goed en voorlangs spog min spanne met turbo soos dié van Griezmann, Kylian Mbappe en Ousmane Dembélé.
Dié drietal lewer g'n bydrae op die verdediging nie.
Hul middelveld word gevolglik oorlaai met verdedigende spelers en Pogba, met sy verdagte aangeë, moet op 'n manier die bal by sy voorspelers kry.
As die bestuurder Didier Deschamps sy span ver wil vat, sal hy sy taktiek dramaties moet verander.
Dié was 'n kleurlose, futlose vertoning deur skitterende spelers.
• Dié week se wedstryde:
VANDAG: Swede tn Korea 14:00; België tn Panama 17:00; Tunisië tn Engeland 20:00
DINSDAG: Colombia tn Japan 14:00; Pole tn Senegal 17:00; Rusland tn Egipte 20:00.
WOENSDAG: Portugal tn Marokko 14:00; Uruguay tn Saoedi-Arabië 17:00; Iran tn Spanje 20:00.
DONDERDAG: Denemarke tn Australië 14:00; Frankryk tn Peru 17:00; Argentinië tn Kroasië 20:00. – Netwerk24

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie