Mesmoordenaar kry lang tronkstraf
'n Beeswagter wat 'n jong man met 'n mes doodgesteek het, is tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Jacqueline Louw
Regter Herman January het die 30-jarige Jason Michael op 9 Junie in die hoërhof op Oshakati tot 25 jaar gevangenisstraf gevonnis.
Dít vir die moord op mnr. Jonas Ndafinongo (21) vir wie Michael tydens 'n skermutseling 24 keer met 'n mes gesteek het.
Aangesien Michael reeds ongeveer drie jaar en sewe maande in gevangenisskap deurgebring het, het die regter drie jaar en ses maande van sy vonnis vir 'n tydperk van vyf jaar opgeskort. Dít op voorwaarde dat Michael nie gedurende die tydperk weer skuldig bevind word aan moord, aanranding of strafbare manslag wat die gebruik van 'n gevaarlike wapen insluit nie.
Die noodlottige voorval het op 9 November 2013 by Onengali, naby Oshikango in die Ohangwenastreek, plaasgevind.
Gedurende vonnisoplegging het regter January genoem hy het wel die feit dat Michael deur die slagoffer aangeval is en uit selfverweer opgetree het, as versagtende omstandighede in ag geneem. Hy het nietemin bevind Michael het die grense van selfverdediging oorskry deur oormatige geweld te gebruik.
January het ook genoem die oorledene het ten tyde van die aanval nie die gebruik van sy regterhand gehad nie en het dus nie 'n groot gevaar vir Michael ingehou nie.
Die regter het verder genoem Michael het aanvanklik nie probeer om die oorledene dood te maak nie, maar die moontlikheid kon voorsien dat hy kon sterf.
Ten spyte daarvan het hy blindelings aangehou om hom met 'n mes te steek.
Volgens die nadoodse ondersoek was daar 20 steekwonde en vier snye aan Ndafinongo se liggaam.
Ses van die steekwonde aan die oorledene se borskas is as die noodlottige wonde geïdentifiseer. Die moordwapen was 'n knipmes.
Regter January het verder verwys na die getuienis van Ndafinongo se ma en het gesê nie net is 'n lewe geneem nie, maar 'n familie is ook van hul broodwinner ontneem.
Ndafinongo het as sekuriteitswag gewerk en sy ma, sowel as sy sewe jonger broers en susters, was van sy salaris afhanklik.
Ndafinongo se ma hou nou met die maak en verkoop van tradisionele mandjies die pot aan die kook.
Michael se familie het reeds nege beeste aan Ndafinongo se ma gegee as vergoeding vir die verlies van haar seun, nadat 'n tradisionele owerheid beveel het sy moet 12 beeste ontvang.
Voor die vonnisoplegging het January gesê die misdaad is ernstig en dat gevangenisstraf in Michael se geval 'n onafwendbare vonnis is.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie