Merkel besoek Pole
Pole
Die Duitse kanselier, Angela Merkel, het Warskou gister besoek midde tekens dat die konserwatiewe leiers gretig is om samewerking te verbeter.
Dit is noodsaaklik indien die Europese Unie (EU) ekonomiese en politieke uitdagings wat voorlê die hoof wil bied.
Merkel het die Poolse regering se steun nodig ten tyde van vrese vir enige toenemende mag vir Brussel.
Die Rome-verdrag, waarvolgens die EU tot stand gekom het, se 60ste bestaansjaar word in Maart herdenk. Dit is in dieselfde maand wat Brittanje van voorneme is om kennis te gee die land verlaat die EU. -Nampa/Reuters

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie