Mense verloor alles in brand

Ses sinkhuise in Okuryangava vernietig

04 March 2021 | Ongelukke
Tanja Bause – Shafikuna Shanjengange (4) loop tussen verkoolde hout, meubels, sinkplate, potte en kledingstukke rond en tel opgewonde ’n raam van ’n fietswiel op en begin daarmee speel.

Die sinkhuis waarin hy met sy ma en ander vyf mense in die informele nedersetting Okuryangava gewoon het, het afgebrand. Altesame het ses sinkhuise Vrydag heeltemal afgebrand.

Mnr. David Francis het op Facebook ’n oproep om hulp vir die betrokke mense gemaak.

“Een van die mans wat alles verloor het, is Petrus wat al 20 jaar vir my werk. Ek was ’n vlieënier vir 25 jaar en nou is die redery gelikwideer en ek het my werk verloor, maar dis niks in vergelyking met wat Petrus alles verloor het nie. Ek besef dat ek nog baie het om voor dankbaar te wees en besluit dat ek alles in my vermoë sal doen om Petrus en die ander mense te help.”

Francis het gesê mnr. Petrus Mushimba (64) het Maandagoggend nie by die werk opgedaag nie.

“Hy het later die dag opgedaag en net gaan sit en ek het onmiddellik geweet daar is fout.”

Mushimba het gesê manne was besig om kos te maak toe die brand ontstaan en baie vinnig versprei het. Die huiseienaars en bure het probeer om die brand te blus, maar was nie suksesvol nie.

“Ons kon keer dat dit nie na ander huise versprei nie, maar dié ses kon ons nie red nie. Ons het ook alles verloor. Ek het net ’n onderbroek wat ek aangehad het oor. Die klere wat ek aan het, het ek van my bure af gekry. My doofstom dogter wat saam met my woon, het ook niks oor nie.”

Me. Hilaria Shanjengange en die ses mense wat in haar sinkhuis woon, het ook alles verloor.

“Al my goed het uitgebrand. Die klere het ek van vriende gekry. Shafikuna se klere kom van bure se kinders. Ons slaap buite en wanneer dit begin reën, kan ons by bure slaap,” het sy gesê.

Intussen het Francis reeds hulp van verskeie mense en besighede ontvang.

“Pupkewitz Holdings het vir my ses tente geskenk sodat die mense nie natreën nie. Die plan is om nuwe sinkhuise vir die mense te bou, om minstens ’n dak oor hul kop te sit sodat hulle beskermd is teen die reën en komende winter. Ek het ’n rekening by Pupkewitz oopgemaak vir mense wat wil help. Die verwysigingsnommer is C22040.”

Volgens Francis het mense reeds begin om te help, veral met klere.

“’n Ou tannie van Helmeringhausen het gebel en gevra waar sy geldjies kan oorbetaal om te help. Namibiërs het baie groot harte en gee baie om vir mekaar en help mekaar. Ek sal elke sent en item wat geskenk word na Okuryangava na die mense toe vat en hulle help so ver ek kan.”

[email protected]

Soortgelyk

 

Sewe sterftes, 221 nuwe gevalle

37 minute gelede | Gesondheid

Namibië het nou 520 Covid-19-verwante sterftes, nadat nog sewe - twee in Windhoek en een elk in Walvisbaai, Outjo, Omaruru, Walvisbaai en Rundu - aangeteken...

Windhoekers met agterstallige rekeninge se water en ligte gaan...

2 ure gelede | Infrastruktuur

Die Windhoekse munisipaliteit sê inwoners van die hoofstad wie se water- en ligterekeninge 30 dae en meer agterstallig is, het tot Dinsdag 6 April om...

Sluitingsdatum vir Shining Light verleng

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die sluitingsdatum vir die Shining Light juweliersontwerpkompetisie is tot 30 April verleng. Me. Helena Mootseng, woordvoerder van die Namibian Diamond Trading Company (NDTC) sê...

Hoërskool Rehoboth gesluit tot ná Paasnaweek

6 ure gelede | Onderwys

Hoërskool Rehoboth is vanaf vandag tot Dinsdag 6 April gesluit. Volgens die bestuur van die skool sal dié tyd gebruik word om die skoolperseel deeglik...

Waarskuwingskote stuit vermeende diewe

17 ure gelede | Misdaad

Vermeende diewe is vroeër vandag in Robert Mugabelaan naby Bank of Namibia in die hoofstad in hegtenis geneem nadat skote afgevuur is. "Twee waarskuwingskote is...

Robberts bly in aanhouding

17 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – Die 36-jarige mnr. Daniel (Danie) Robberts bly in aanhouding nadat hy na bewering sy vriend, mnr. Thomas Frederick (Frikkie) van Schalkwyk (69),...

Inentings: Namibiërs wag en kyk

17 ure gelede | Gesondheid

Henriette Lamprecht – ’n Wag-en-kyk-benadering en voorkeur vir spesifieke entstowwe is van die redes vir die trae reaksie tot die ministerie van gesondheid en maatskaplike...

Living a purposeful life

17 ure gelede | Mense

Rivaldo Kavanga“I would advise the youth to relentlessly go after whatever they desire unlimited. In pursuit of long-term gains and not short term rather.” Ndakondja...

Weer vir 30 Maart 2021

17 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm in die verre suide en die Zambezi-streek. Elders gedeeltelik bewolk en warm met verspreide donderbuie. Wyd verspreide donderbuie in die...