Mens en dier deel tragedie
Vaughn Riekert se eerste solo-uitstalling, Poaching, bestaande uit 20 unieke skilderye, beeld die effek van stropery op mens en dier uit.
Sy werke behels verdwaalde gesigte, en olifanttande en renosterhorings wat afgesaag is.
Op hierdie manier maak die kunstenaar die interaksie met die kusnwerk persoonlik en vereis hy dat die waarnemer eerder met sy emosies as met sy oë waarneem.
Die kwessie van stropery noop ons tot deernis met ons mede-aardbewoners.
Hierdie tema is in al die skilderye te sien.
Vaughn beskou die ontstellende verlies van bedreigde Namibiese natuurlewe vanuit die dier se persepektief.
Die verlies is vir Namibiërs beide emosioneel en fisiek, tog raak dit die hele wêreld.
Vaughn toon aan dat ons nou verwant aan diere is – veral in ons pyn en tragedies. Stropery het dus ’n effek op beide mens en dier.
Stropery laat Namibiërs en mense in die algemeen twee keer dink voor hulle van iemand anders steel – ongeag of dit van mens of dier is.
Vaughn is ‘n gebore Namibiër en het sy kunsopleiding in 2017 aan die Kollege van die Kunste (Cota) voltooi.
Hy het al aan verskeie groepuitstallings soos New Beginnings en The Amazing Namibian Woman deelgeneem.
Hy is geneig om op gesigsuitdrukkings te fokus en die emosies wat dit uitlok.
Poaching is tot 1 Oktober by die Franko-Namibiese Kultuursentrum te sien.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie