Melkoorlog versuur verder

Produsente kry binnekort minder

28 February 2018 | Landbou
Ronelle Rademeyer - Namibië se melkboere, wat reeds om oorlewing veg, kry op 1 April 'n verdere terugslag wanneer die prys waarteen hulle roumelk aan Namibia Dairies lewer, met 10c per liter verlaag word.

Daar is Vrydag in Windhoek op hierdie verlaging ooreengekom nadat die suiwelverwerker die prys aanvank­lik met 20c per liter afwaarts wou aanpas.

Hierdie nuutste krisis in die land se geteisterde suiwelbedryf volg nadat Namibies geproduseerde melk opnuut op winkelrakke met ­spotgoedkoop langlewemelk en melkmengsels uit Suid-Afrika moet meeding.

Van die Suid-Afrikaanse produkte word tans in Namibië vir so min as N$10 en N$11,99 per liter verkoop.

“Dit is onmoontlik dat melk, wat deur soveel prosesse moet gaan, soveel kan kos. Dit is goedkoper as gebottelde water!” sê mnr. Kokkie Adriaanse, voorsitter van die Suiwelprodusentevereniging van Namibië (SPV).

Hy sê die melkstorting bring mee dat produkte goedkoper in Namibië be­skikbaar is as wat verbruikers in Suid-Afrika daarvoor betaal.

Die bedryf se hoop is nou op die spoedige wysiging van die Suiwelwet van 1986.

“Dit sal vir 'n tipe kwotastelsel voorsiening maak om die hoeveelhede melk wat ingevoer word, te reguleer,” sê Adriaanse.

In 2015 het die plaaslike bedryf hom in 'n soortgelyke situasie bevind. Vanweë die prysdruk het 1,4 miljoen liter langlewemelk in Namibia Dairies se pakstoor opgehoop.

Namibië het in hierdie stadium nog net 13 suiwelprodusente oor. Dit sluit nie Ohlthaver & List se Aimab Superplaas by Mariental in nie.

Volgens Adriaanse lewer hierdie 13 produsente tans sowat 900 000 liter melk per maand aan Namibië Dairies, terwyl die Superplaas se kwota 1,1 miljoen liter per maand beloop.

Hy sê as die plaaslik vervaardigde produkte op 'n meer gelyke prysgrondslag met ingevoerde produkte meeding, kan die mark hierdie hoeveelhede absorbeer.

Dit is egter in tye soos nou wanneer groot hoeveelhede goedkoop langlewemelk in die Namibiese mark gestort word, wat die bedryf om oorlewing moet veg.

Namibia Dairies en die produsente sal weer op 26 April vergader om die situasie in heroënskou te neem.

Soortgelyk

 

Shifeta: Houtkappery is onwettig

5 ure gelede | Omgewing

Catherine Sasman – Nie ‘n enkele omgewingsklaringsertifikaat is ooit uitgereik vir die afkap van en kommersiële handel in hout nie. Dit beteken die grootskaalse...

Afwagting groot vir Mars-landing

5 ure gelede | Tegnologie

Ronelle Rademeyer - Knap voor tienuur Namibiese tyd vanaand land die ruimteman dr. Japie van Zyl en sy span se InSight-verkenningstuig ná ’n reis van...

Staal van Otavi binnekort ’n werklikheid

5 ure gelede | Byvoegsels

Die lank verwagte staalaanleg op Otavi het vandeesmaand ’n stap nader aan die werklikheid gekom toe Nedbank onderneem het om die N$2,7 miljard-projek te finansier.Die...

Telecom: Jooste vererg oor Klein-skorsing

5 ure gelede | Plaaslik

Yanna Smit Volgens berigte Vrydag op sosiale media is die uit­voerende hoof van Telecom Namibia, mnr. Theo Klein, geskors ná 'n ondersoek na 'n oënskynlik...

WEER VIR 26 NOVEMBER

5 ure gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en baie tot bloedig warm met geïsoleerde tot verspreide­ donderbuie op plekke, die verre Suide en Suidweste uitgesluit.KUS: Gedeeltelik bewolk en koel...

Wildsfees kry nuwe baadjie

5 ure gelede | Byvoegsels

Groot veranderinge word vir volgende jaar se bekende Outjo Wildsfees beplan. Nuwe lewe word in die fees geblaas deur 'n benadering, vroeë beplanning en topkunstenaars....

Dippenaar-saak: Getuie dreig glo ander

5 ure gelede | Howe

Erwin Leuschner – ’n Getuie in die moordverhoor van mnr. Jandré Dippenaar het Donderdag 'n saak van aanranding deur dreigement by die Swakop-polisiekantoor aangegee, met...

Invoer van sekere wildspesies dalk verbied

5 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg Die ministerie van die omgewing en toerisme doen 'n beroep op die publiek om insette te lewer oor sekere wildspesies wat moontlik nie...

Simondeum se smulkos

5 ure gelede | Byvoegsels

Voedselvervaardiging is die toekoms, en die Simondeum Fine Meats-aanleg op Grootfontein is voor in die wedloop om gehalte proteïenprodukte aan Namibiërs te voorsien.Die besigheid bestaan...