Meidag sonder fut gevier

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Die regering se amptelike Werkersdagvieringe gister in Katutura is nie net swak deur die publiek bygewoon nie, maar werkers is ook anders as verwag nie deur pres. Hage Geingob self toegespreek nie.

Die sekretaris-generaal van Swapo, me. Sophia Shaningwa, het twee ure nadat die staatshoof volgens die program die sleutelrede moes lewer, namens hom sy voorbereide Meidag-toespraak voorgelees.

Jana-Mari Smith van Republikein­ se susterkoerant Namibian Sun berig geen ver­duideliking is vir Geingob se afwesigheid verstrek nie.

Intussen het werkers met groter geesdrif by die viering van Meidag deur die Nasionale Unie van Namibiese Werkers (NUNW) in Kuisebmond op Walvisbaai opgedaag, berig ­Leandrea Louw.

Mnr. Petrus Nevonga, 'n uitvoerende lid van NUNW, het plaaslike en streeksleiers daarvan beskuldig dat hulle hierdie saamtrek van werkers geboikot het. Hy het aan die meer as 200 mense gesê die burge­meester van Walvisbaai, mnr. Immanuel­ Wilfred, en die Erongo-streekraadslid, mnr. Hafeni Ndumula, is genooi om die werkers toe te spreek.

In 'n WhatsApp-boodskap wat Dinsdag die ronde gedoen het, is aangevoer die saamtrek op Walvisbaai is gereël om die amptelike vieringe in Windhoek waar die president sou optree, te boikot.

“As 'n vakbond besluit ons waar Meidag gevier sal word en ons doen dit sonder inmenging. Ons vra nie toestemming van enigiemand oor hoe dit gevier word nie,” het hy gesê. “Ons het ons president (mnr. Albert Liswaniso) genooi om die werkers in Windhoek by die hoofsaamtrek toe te spreek. Ons het geen voorneme hoegenaamd gehad om die hoofverrigtinge te boikot nie. Diegene wat beplan om die president (Geingob) te laat faal, laat hom nie faal nie, maar die werkers. Ons wil hom liewer in sy pogings ondersteun. Dit is belangrik dat ons saamstaan en as 'n span vorentoe beweeg,” het Nevonga gesê.

Geingob het in sy toespraak hulde gebring aan die land se werkers “as die hoeksteen van die gemeenskap” en hulle bedank vir hul harde werk en patriotisme.

Verder het Geingob opnuut op die geskiedkundige “strukturele wan­balanse” in die samelewing verwys en gesê “herverdeelde welvaart is ononderhandelbaar”.

Soos in sy staatsrede, het hy weer beloof dat die regering pogings versnel om die Namibië Gelyke Ekonomiese Bemagtingsraamwerk (Neeef) te finaliseer. Volgens Geingob is hy dankbaar teenoor private instansies wat gehoor gegee het aan die regering se bemagtingsversoek, en skemas vir werkersdeelname begin het.

Hy het op die verskeie vorme van ekonomiese krisisse in die wêreld gewys en gesê dit het 'n direkte impak op Namibië se ekonomie en ook sy arbiedsmark. “Dreigemente van afleggings deur multinasionale maatskappye en buitelandse beleggers maak werkers angstig. Ons verstaan dit en daarom glo ons in gereelde gesprekvoering tussen die regering, vakbonde en werkgewers,” het Geingob gesê.

Verder het hy benadruk ekonomiese groei kan nie sonder die invloed van direkte buitelandse beleggings (FDI) plaasvind nie, aangesien “die plaaslike ekonomie eenvoudig te klein is om van ondernemings te verwag om die totale las te dra”.

Die staatshoof het daarop gewys dat buitelandse beleggers op “ons voorwaardes” na Namibië moet kom en nie die land se behoefte aan hierdie beleggings as 'n teken van desperaatheid moet sien nie.

Hy het gewaarsku dat buitelanders die waardigheid en integriteit van Namibiese burgers en veral die werkers moet eerbiedig, en gesê wreedheid en brutaliteit deur buitelandse sowel as plaaslike werkgewers sal nie geduld word nie.

Kommentaar

Republikein 2024-03-29

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53% Sport results: Weather: Katima Mulilo: 19° | 36° Rundu: 19° | 29° Eenhana: 19° | 29° Oshakati: 21° | 30° Ruacana: 20° | 33° Tsumeb: 19° | 29° Otjiwarongo: 16° | 29° Omaruru: 19° | 32° Windhoek: 17° | 29° Gobabis: 17° | 30° Henties Bay: 16° | 20° Wind speed: 22km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:22, High tide: 05:24, Low Tide: 23:26, High tide: 17:46 Swakopmund: 16° | 17° Wind speed: 24km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:22, Low Tide: 23:24, High tide: 17:44 Walvis Bay: 16° | 22° Wind speed: 27km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:20, High tide: 05:21, Low Tide: 23:24, High tide: 17:43 Rehoboth: 19° | 30° Mariental: 23° | 34° Keetmanshoop: 24° | 35° Aranos: 22° | 33° Lüderitz: 15° | 28° Ariamsvlei: 24° | 35° Oranjemund: 14° | 25° Luanda: 27° | 28° Gaborone: 20° | 32° Lubumbashi: 17° | 26° Mbabane: 16° | 21° Maseru: 11° | 29° Antananarivo: 16° | 27° Lilongwe: 17° | 27° Maputo: 20° | 28° Windhoek: 17° | 29° Cape Town: 17° | 28° Durban: 20° | 24° Johannesburg: 16° | 24° Dar es Salaam: 26° | 32° Lusaka: 20° | 30° Harare: 16° | 29° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.79 | EUR to NAD 20.36 | CNY to NAD 2.62 | USD to NAD 18.89 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.74 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.77 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.14 | USD to AOA 832.63 | USD to BWP 13.71 | USD to EGP 47.35 | USD to KES 130.98 | USD to NGN 1415.13 | USD to ZAR 18.89 | USD to ZMW 25.01 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74536 Up +0.85% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1528.69 Up +0.84% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 12986.94 Up +0.04% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 27559.35 Down -2.36% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 233.12/OZ UP +1.93% | Copper US$ 3.99/lb UP +0.12% | Zinc US$ 2 455.50/T UP 0% | Brent Crude Oil US$ 87.65/BBP UP +1.46% | Platinum US$ 908.62/OZ UP +1.53%