Meer moet vir MIV toets
Henriette Lamprecht – Dienste om vir MIV te toets is kritiek in die voorkoming, versorging en behandeling van die siekte.
In die lig hiervan het Namibië wêreldwye versnellingsdoelwitte van die Verenigde Nasies (VN) se program vir die bekamping van MIV/vigs (Unaids) vir 2020 aanvaar.
Dit sluit in dat 90% van mense met MIV in Namibië teen 2020 van hul status bewus is, dat 90% van alle gediagnoseerde gevalle volhoubare antiretrovirale terapie ontvang en 90% van laasgenoemde se virale lading onderdruk is.
Volgens me. Juliet Kavetuna, adjunkminister van gesondheid en maatskaplike dienste, word voorkeur verleen aan nie net die verhoogde toetsing van die algemene publiek nie, maar ook aan inisiatiewe wat ongediagnoseerde MIV-draers kan identifiseer.
Kavetuna het tydens die bekendstelling van nuwe riglyne vir MIV-toetsing gesê al hoe meer mense word vir die siekte getoets en behandel.
Verskillende toetsmodelle het ook uit die tradisionele enkeltoets van Vrywillige Berading en Toetsing (VCT) ontwikkel.
Volgens Kavetuna is Namibië naby aan die verwesenliking van sy doelwit dat 90% van mense met MIV in Namibië teen 2020 van hul status bewus sal wees.
Uitdagings sluit egter in tieners, jongmense en paartjies, wat danksy geslags- en ouderdomsverskille ongetoets bly. Berading bly ook beperk tot onder meer TB-klinieke en afdelings vir buitepasiënte.
“Die nuwe riglyne bied innoverende strategieë om toegang te verhoog en te verbeter,” het Kavetuna gesê.
Sy het gesê om op die huidige tradisionele trant voort te gaan, is nie goed genoeg om die epidemie te beëindig wat voortdurend verander nie.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie