Meer kragtige boelies voor WB gesoek

Die besering van Renaldo Bothma was bykomende slegte nuus ná die verloortoets in Madrid.
Andrew Poolman
Andrew Poolman - Die oorheersing wat Spanje met die krag van sy agttal bewerk­stellig het om Saterdag se rugbytoets in Madrid met 34-13 te beklink, sal een van die mees kommerwekkende aspekte vir die Namibiese afrigterspan wees terwyl die 2019 Wêreldbeker nader snel.

Twee strafdrieë vir skrumoortredings, een lynstaandryf wat 25 meter gevorder het en nog 'n suksesvolle stukkie dryfspel naby die doellyn het vir Spanje vier drieë besorg, teenoor Namibië se enkele drie deur skrum­skakel Damian Stevens.

'n Mens vergeet maklik dat vaskopstut Aranos Coetzee, hakers Torsten van Jaarsveld en Louis van der Westhuizen, slot Mahepisa Tjeriko en die hele lostrio Wian Conradie, Janco Venter en Pieter-Jan van Lill nie vir die Europese toer beskikbaar was nie en dat soveel van die mees geharde ysters van Namibiese agttal dus afwesig was.

In dié opsig dien die November-toer juis grootliks as 'n toets vir die reserwekrag, wat op grond van Saterdag se vertoning duidelik nog baie aandag sal verg.

In September 2019 in Japan sal Namibië in dieselfde WB-groep as Nieu-Seeland, Suid-Afrika, Italië en waarskynlik Kanada wees, wat almal gedugte pakke voorspelers het en wat maar te deeglik bewus sal wees hoedat Namibië histories by die Wêreldbeker kwesbaar in sy voorhoede vir geel kaarte, strafdrieë, oorstootdrieë en lynstaandrywe is.

'n Verdere terugslag Saterdag was dat die agtsteman Renaldo Bothma ná skaars ses minute die veld moes verlaat en dat agterna bevestig is dat een van sy ribbebene gebreek is.

Volgens die koerant se inligting het die Namibiese spanbestuur wel agterna die videomateriaal gefynkam om te bepaal of 'n speler van Spanje dalk sou verdien om vir vuilspel uitgewys te word. 'n Uitwysing is egter nie ingedien nie.

Die 29-jarige Bothma het reeds meer as sy kwota ongeluk gehad toe hy die afgelope twee jaar sy linkervoorarm by drie geleenthede gebreek het. Hy sou gister na sy klub London Harlequins terugkeer vir 'n mediese evaluering, met die verwagting dat hy rofweg twee tot ses weke op die kantlyn sal moet bly.

“Terwyl ek op die grond gelê het, het dit gelyk of dit opsetlike vuilspel kon wees met 'n knie in my ribbes, maar op die video lyk die insident nie so erg nie. Ek aanvaar maar die hou op die ken as deel van die spel,” het Bothma gister aan die koerant gesê.

Ná Bothma se besering is Thomasau Forbes in sy plek opgestuur vir nog een van sy werkesel-skofte en het Rohan Kitshoff na agtsteman ver­skuif.

Dit is reeds bekend dat die oopkantflank Cameron Langenhoven van Kudus verlede week ontbied is om by die toerspan aan te sluit, as dekking nadat die flank Prince !Gaoseb sy knieligamente geskeur het.



MEER AKKURAATHEID

Afrigter Phil Davies het gister 'n nugtere perspektief op die huidige stand van die span behou.

“Die wedstryd teen Spanje was baie fisiek vir die spelers en ons is teleurgesteld met beide die eindtelling en sekere dele van die vertoning.

“Soos ek tevore 'n paar maal uitgewys het, het dit ons kanse nie versterk dat ons sedert middel-Augustus net twee kompeterende wedstryde gehad het nie. Nogtans het die spelers in die week voor die Spanje-wedstryd goed voorberei.”

Davies se frustrasie was dat hy meer akkurate uitvoering op sleutelgebiede verwag het, insluitend balretensie en die skrum. Nogtans was daar ligpunte gedurende die tweede helfte, met die Namibiese aanvalle in die wyer kanale wat belofte getoon het. Aanpassings is ook in die skrum gemaak wat vir Namibië 'n paar strafskoppe gewen het, terwyl die verdediging oor die algemeen stewig was.

Davies beskou die toer as een van die laaste geleenthede om diepte te bou en die gereedheid van 'n paar jong spelers eerstehands deur te kyk terwyl hulle 'n eerste smaak van toetsrugby in die Noordelike Halfrond kry.

Heelwat rugby is vir volgende seisoen in die vooruitsig, maar die verwagting is dat Namibië toenemend sy beste kombinasie se samespel sal wil verbeter, hoe nader dit aan die 2019 Wêreldbekertoernooi in Japan kom.



AANPASSING

“Om op hierdie vlak in die Noordelike Halfrond te speel, verskil heelwat van rugbytoestande in dele suid van die ewenaar, soos ek seker is mense sal begryp. Die spel is fisiek en spanne bestee minder tyd met die bal in spel.

“Die spelers het goed aangepas by die eise van die toer met lang reise en daaglikse oefensessies. Hulle was goeie ambassadeurs vir hul land. Die diepte wat ons in die spelersgroep gebou het, is verblydend en ons het 'n veel groter spelerspoel om uit te kies wanneer die 2019 Wêreldbeker aanbreek. Ons opsies onder die slotte en losskakels is byvoorbeeld reeds vier keer beter in vergelyking met die vorige Wêreldbeker in 2015.”

Davies sê goeie uitslae bly altyd belangrik. “Op die oomblik is die blootstelling wat ons spelers, afrigters en bestuur tydens 'n uitdagende toer kry, egter 'n noodsaaklike deel van ons voorbereiding in die opbou na 2019.”

“Daar is hope harde werk wat vir Namibiese rugby voorlê, maar ons bly optimisties dat ons met die regte vlakke van ondersteuning en voorbereiding 'n suksesvolle Wêreldbeker sal hê.”

Die Namibiërs het gister 'n reisdag na Portugal gehad, waar hulle komende Saterdag hul toer met die derde wedstryd in Coimbra afsluit.

• Wedstrydverslag binne in Sport Wrap.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.56/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.05/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 911.97/OZ DOWN -0.0043 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.45 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.8 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 337.56/OZ UP +0.29% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.42% | Zinc US$ 2 859.80/T UP 0.06% | Brent Crude Oil US$ 89.05/BBP UP +0.17% | Platinum US$ 911.97/OZ DOWN -0.0043