Meer buitelanders besoek Namibië
Die aantal buitelandse toeriste het in 2018 met 3,2% teenoor dié van 2017 gestyg. Volgens die jongste toerismestatistiek wat vandag deur die minister van omgewing en toerisme mnr. Pohamba Shifeta bekendgemaak is, was die meeste toeriste wat Namibië besoek het van Angola, Suid-Afrika, Zambië, Duitsland, Zimbabwe, Botswana, Frankryk, Brittanje, Amerika en Nederland afkomstig. Volgens Shifeta beteken die positiewe syfers Namibië maak goeie vooruitgang in sy pogings om die toerismebedryf in die land vir ’n globale mark te ontwikkel.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie