Meer blaf as byt wees
Meer blaf as byt wees

Meer blaf as byt wees

Sanet Pearson
Ek weet nie of ek al voorheen oor die verdwyning van ons hond Liela geskryf het nie. Sy het 15 Februarie hierdie jaar weggeraak. Na vele soektogte en oproepe, het ons haar nooit gekry nie. Nou is haar boetie, Bruno, baie alleen. Hy mis haar verskriklik baie. Maar nou begin hy ’n probleem vir ons raak, want ek dink hy smag na geselskap en probeer met sy eie blaffery opmaak vir die leemte in sy lewe. Liela was altyd gereed vir ’n vinnige speletjie, net om die wêreld interessanter te maak.

Al het sy gewoonlik aan die kortste end getrek. Sy het ’n groot hart gehad en was vir ons soos ’n kind in die huis. Bruno is nie die enigste een wat haar mis nie, met haar foute en issues en al. Sy was ons huishond gewees, wou altyd in die huis slaap, en sy was soet gewees. Sy het nooit in die nag gaan piepie nie, want ek dink sy was te bang sy mag nie weer terug in die huis in kom nie. Een ding wat ek nou agterkom, is dat Liela nie die enigste kouer in die huis was nie.

Ek het my skoene so ’n rukkie terug buite gelos, en toe ek dit begin soek, kry ek al twee skoene in Bruno se hok. Gereed om dit deur die nag te kou. Was seker bedoel om ’n midnight snack te wees. Bruno, anders as Liela, is soos ’n orkaan in ons ou klein woonstelletjie.

Ek dink nie hy weet hoe om stil te sit nie. Ons het onlangs vir ’n paar dae weggegaan en ons kon nie vir mnr. Blaf by die woonstel los nie. Ons het reeds ’n waarskuwing gekry en ek wou nie die kans vat op nog ’n skermutseling nie. Ek het oral vir iemand gesoek wat na Bruno kan kyk, maar omdat hy nie mooi met ander maatjies speel nie, kon ek hom nie by hierdie fancy dierehotelle en –lodges los nie. Die enigste uitweg was die DBV.

My hart was seer toe ek hom aflaai. Hy was ’n volle vyf dae ’n gas van die DBV gewees. Die dag toe ek hom gaan haal, wou hy nie huis toe kom nie, so lekker het hy gekuier. Terug by die huis kom ek agter dat hy baie bedees is en baie minder blaf. Net ’n paar weke daarvoor het ek die raad gekry om hom te laat steriliseer, dan mag hy dalk minder blaf. Ek het nie op my laat wag nie en dit is gedoen.

Ek het gedink die kombinasie om by ’n vreemde plek afgelaai te word en die sterilisasie was die rede dat hy minder blaf. Maar ek was verkeerd, want verlede week kom my seun agter Bruno se tandvleis is geswel. Die veaarts sê dit is ’n groeisel en moet uitgesny word.

Hulle sal toetse moet doen om vas te stel of die groeisel kwaadaardig is of nie. Wel, dít was ’n groot skok.

Ek sal volgende keer rapporteer oor hoe die operasie gegaan het. Maar ná die emosionele skok kom die geldelike skok. Ek wil nie eers die bedrag hardop sê nie. Soos ek vir die veearts sê, kinders en honde, hulle weet net hóé om siek te word wanneer jy platsak is. Maar die operasie moet gedoen word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A