Meer as N$1 mjd. vir internasionale betrekkinge
Die adjunk- eerste minister en minister van internasionale betrekkinge en samewerking, me. Netumbo Nandi-Ndaitwah, het Maandag haar ministerie se begroting vir 2020-'21 van meer as N$1,01 miljard in die Nasionale Vergadering (NV) ter tafel gelê.
Volgens haar sal sowat N$901,6 miljoen (89%) van haar begroting vir bedryfsuitgawes van vyf programme aangewend word en N$109 miljoen (sowat 23,1%) vir kapitaalprojekte by die hoofkantoor en diplomatieke missies oorsee.
"Ek beklemtoon dat die ministerie fokus op die aankoop van eiendomme om die stygende huurkoste te verminder," het Nandi-Ndaitwah gesê.
Die eerste program is bilaterale betrekkinge en samewerking wat die implementering van gesamentlike samewerkingsprojekte, -programme en staatsbesoeke insluit. Die begroting is sowat N$17,5 miljoen.
Die tweede program, multilaterale beleidsamewerking, se begroting is sowat N$120,5 miljoen. Dit behels programme waaraan Namibië in die Verenigde Nasies (VN), Statebond, Afrika-unie (AU) en die Suider-Afrikaanse Ontwikkelingsgemeenskap (SADC) deelneem.
Vir die derde protokol en konsulêre program, wat verantwoordelik is vir diplomatieke protokol en seremoniële funksies is sowat N$15 miljoen begroot.
"Die departement fasiliteer die teenwoordigheid van Namibië as lede in 34 buitelandse diplomatieke missies, 16 streek- en internasionale organisasies en 30 erekonsuls in die buiteland," sê Nandi-Ndaitwah.
Program vier behels buitelandse missies wat meer as N$784,6 miljoen – sowat 78% van die begroting – beslaan.
Die minister het gesê daar word beplan om nuwe ambassades in Turkye en die Verenigde Arabiese Emirate te open, "want beide lande is strategies vir ons ekonomiese diplomasie".
Hierdie program ondersteun die funksies van die 31 Namibiese diplomatieke missies en drie konsulêre poste oorsee.
Dit behels onder meer die huur van kantoorspasie, personeelakkommodasie en die salarisse van beide Namibiese en plaaslike personeel, betaling vir skoolfondse en mediese koste van personeel en hul afhanklikes, die onderhoud van voertuie en toerusting.
Meer as N$72,8 miljoen word vir program vyf, koördinering en ondersteuningsdienste, begroot ter ondersteuning aan die hoofkwartier en Namibië se beeld by sy missies wêreldwyd.
"Die begroting van N$1 miljard is om te verseker dat Namibië bly relevant in die internasionale arena en tot voordeel van ons mense," het die adjunkpremier afgesluit.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie