Meer as 'n miljard deur kindergeweld geraak
Meer as 'n miljard deur kindergeweld geraak

Meer as 'n miljard deur kindergeweld geraak

Die jaarlikse finansiële koste van fisieke, seksuele en psigologiese geweld teen kinders word tussen 2 en 5% van die globale bruto binnelandse produk beraam.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Kindergeweld is ’n voorkombare, maar bykans universele verskynsel wat jaarliks 1,7 miljard kinders, byna drie uit vier, wêreldwyd raak.

Dit het ’n katastrofiese, maar dikwels versteekte impak op individue, gemeenskappe en samelewings.

Volgens die nuwe globale verslag "Beëindig kindergeweld" raak dit kinders in elke land, ryk en arm, noord en suid.

“Om kindergeweld te beëindig en kinders te bevry van vrees, is die wêreld se grootste enkele beleggingsgeleentheid om kinders se vaardighede te verhoog en vreedsame samelewings te bou,” lui die verslag.

Die jaarlikse finansiële koste van fisieke, seksuele en psigologiese geweld teen kinders word tussen 2 en 5% van die globale bruto binnelandse produk (BBP), of sowat US$7 biljoen, beraam.

Kindergeweld is ook onlosmaaklik met geweld teen vroue verbind. Kinders wat getuies is van die mishandeling van hul ma’s, is meer geneig om as volwassenes die slagoffers of oortreders van mishandeling te word.

Die verslag is een van die mees volledige ontledings van kindergeweld wat ooit onderneem is, en fokus op ’n drie jaar lange dokumentering van die skaal van geweld wat deur miljoene kinders wêreldwyd ervaar word.

Die nuwe verslag lig beide die geweldige omvang van dié globale krisis uit, sowel as die geïntegreerde voorkomingstrategieë wat kindergeweld kan beëindig, en sodoende geleenthede ontsluit vir ekonomiese vooruitgang, verbeterde menslike ontwikkeling en uitgebreide vryhede.

“Van ernstige fisieke straf tot seksuele mishandeling en moord, rig kindergeweld geweldige skade aan individue, families en gemeenskappe in beide ryk en arm lande aan, met ’n koste van triljoene (Amerikaanse) dollar per jaar,” sê die medevoorsitter van Know Violence Global, me. A.K. Shiva Kumar.

“Kindergeweld is nie onvermydelik nie. Politieke leiers moet ons help om dit te implementeer wat ons reeds weet, werk en die stilte rondom dié kritieke kwessie verbreek,” sê Kumar.

Seksuele en emosionele mishandeling

Kindergeweld sluit ’n breë reeks ervarings in, van lyfstraf tot fisieke, seksuele en emosionele mishandeling tot die uitwerking wat dit op getuies van geweld het.

Benewens die onmiddellike fisieke skade wat dit veroorsaak, kan blootstelling aan geweld kinders traumatiseer, ’n invloed op hul skoolwerk hê, tot depressie en ander siektes lei en die kans verhoog dat jong mense in die toekoms die slagoffers of oortreders van geweld is.

“Om groot te word sonder geweld, is ’n fundamentele mensereg, en die versekering van veilige kinderjare is ’n sleutelkomponent van volhoubare menslike ontwikkeling,” sê barones Vivien Stern, medevoorsitter van Know Violence Global.

“Die Verenigde Nasies (VN) se volhoubare ontwikkelingsdoelwitte vereis van alle regerings om hul stelsels vir die insameling van data oor geweld te versterk. Know Violence het die beste getuienis van duisende bronne wêreldwyd saamgebind oor hoe om dié globale doelwitte te verwesenlik.”

Met die verloop van Know Violence se ondersoek het die navorsingspan beduidende gapings in die beskikbaarheid van nasionaal-verteenwoordigende data oor sleutelaanwysers van geweld teen vroue en kinders gevind.

Volgens die president van die Chinese mediese raad en groepvoorsitter van Know Violence, dr. Lincoln Chen, het die Know Violence Learning-inisiatief ’n beduidende bydrae gelewer deur dit te versamel wat bekend is, en ook dit te identifiseer wat steeds onbekend is.

“Dit is veral van toepassing wat betref geweld teen seuns: Data oor fisieke geweld is slegs in ses lande beskikbaar en oor seksuele geweld in net vier lande,” sê Chen.

“Ek is seker ons kan die wil en hulpbronne vind om te verseker dat ons die omvang verstaan van die mate waartoe ons kinders deur geweld geraak word, en ook hoe om dit te stop.”

Globale Indeks

In ’n poging om beskikbare data beter te volg en te vergelyk, bied die Know Violence-verslag ook ’n unieke nuwe oorsig, die globale Kindergeweld (VIC)-indeks. Dié indeks help om vergelykings tussen lande en streke van die wêreld te maak.

Die verslag is opgestel uit die insette van 44 navorsinggeskrifte deur meer as ’n 100 outeurs wat die oorsake en impak van kindergeweld ondersoek.

Voorstelle is dat regerings wêreldwyd voorkomende benaderings moet aanvaar om kindergeweld te stop, en ophou om dit as ’n reeks “slegte voorvalle” af te maak.

Oplossings moet voorts die individuele kapasiteit van ouers, versorgers en kinders verhoog om woede en frustrasie te hanteer en dit ook aan te meld.

Die voorkoming van geweld moet ook sigbaar wees by instellings soos skole en geriewe vir gesondheid en maatskaplike dienste, terwyl die kernoorsake van geweld, en wat spruit uit ongelykheid en patriargie, uitgewis moet word.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A