Meer as miljard vir MIV-stryd
Meer as miljard vir MIV-stryd

Meer as miljard vir MIV-stryd

Strategiese planne word gevolg om die druk op gesondheidsklinieke te verlig.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht

Die bekamping van MIV/vigs in Namibië het ’n reuse-hupstoot van miljoene Namibiese dollar gekry met die Amerikaanse president se noodplan vir vigsverligting (Pepfar) wat sy finansiële steun met US$81 miljoen vir aanstaande opgestoot het.

Volgens die VSA se ambassadeur in Namibië, me. Lisa Johnson, ondersteun Pepfar Namibiese MIV/vigsprogramme aanstaande jaar met sowat N$1,5 miljard (US$89 miljoen).

Johnson het Namibië uitgesonder as ’n globale leier wat naby sy doelwit is om beheer oor die vigspandemie in die land te verkry. Volgens Johnson is 95% van MIV-positiewe Namibiërs bewus van hul status en 92% van dié op behandeling neem hul medikasie gereeld met die virus wat onderdruk is en nie oorgedra kan word nie.

Die Pepfar-finansiering skop op 1 Oktober af en sal die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste ondersteun om die genoemde persentasies verder op te stoot.

Een van die begunstigdes is die DREAMS-program (Determined, Resilient, Empowered, AIDS Free, Mentored and Safe), waarvan die begroting sal verdubbel en die aantal tienermeisies en jong vroue verdriedubbel wat hierby betrek word.

Die groter hulpbronne sal die program in staat stel om meer as 64 000 meisies en jong vroue te bereik, met die aantal distrikte wat geteiken word wat van vyf tot nege verhoog word. Jeugvriendelike gesondheidsdienste, veilige ruimtes, beroepsgerigte onderrig, finansiering of uitplasing van jong vroue in onder meer die gasvryheid-, landbou- en kleresektore, sowel as ouderdomsgepaste onderrig in finansiële geletterdheid vir alle DREAMS-deelnemers tussen tien en 24 jaar vorm alles deel van die program.

Gevorderde MIV-toetsing insluitend indekstoetsing sowel as toetsing wat die mees onlangse tyd van infektering bepaal, sal ook voorkeur kry en brandpunte van MIV-oordrag identifiseer. Dit sal die ministerie van gesondheid in staat stel om behandeling aan nuwe MIV-pasiënte te verskaf en sodoende verdere oordrag help voorkom.

Sowat US$2,1 miljoen is uitgesonder vir sleutelbevolkings wat ’n hoë risiko het om MIV op te doen, soos sekswerkers en transgender persone.

Meer as 26 000 selftoetsstelle sal verskaf word om diagnoses in gemeenskappe te maak en diegene wat MIV-positief is, op behandeling te kry.

Volgens Johnson is US$3,4 miljoen geoormerk vir die indekstoetsing van die lewensmaats en kinders van MIV-positiewe persone om vas te stel of hulle ook positief is. Deel van die finansiering is die verspreiding van meer as 90 000 MIV-selftoetsstelle, wat opeenhoping by klinieke help verminder, veral tydens die Covid-19-pandemie.

“MIV-toetsing gaan voort op maniere wat veilig vir gesondheidswerkers en kliënte is,” het Johnson beklemtoon.

Pepfar se steun sal verseker meer as 200 000 mense wat met MIV saamleef, bly op hul behandeling. Die meeste van dié pasiënte kom in aanmerking vir die gevorderde TLD-medikasie (Tenofir, Lamivudine, Dolutegravir). TLD-medikasie het minder newe-effekte, werk vinniger om MIV te onderdruk en is minder geneig as ander MIV-medikasie om weerstand teen die siekte te ontwikkel.

Johnson sê innoverende tegnologie gaan ook in die volgende jaar gebruik word om mense te bemagtig om makliker hul anti-retrovirale middels (ARV’s) te kry. Kassies wat met ’n kode beveilig word, sal in vyf hoë volume gesondheidsinrigtings geïnstalleer word.

“Dit sal pasiënte in staat stel om hul ARV’s in minder as twee minute, 24 uur per dag en sewe dae per week af te haal. Dié nuwe tegnologie sal ook druk op klinieke verlig, veral in die lig van Covid-19,” het sy gesê.

Die Amerikaanse regering het sedert 2005 sowat US$1,6 miljard op die voorkoming en behandeling van MIV in Namibië bestee.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.76 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.74 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 341.17/OZ UP +0.45% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.83% | Zinc US$ 2 874.90/T UP 0.72% | Brent Crude Oil US$ 89.09/BBP UP +0.22% | Platinum US$ 913.24/OZ DOWN -0.0029