Mediese skool kry raadgewende raad
Die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) het sy eerste raadgewende raad vir skole onder die fakulteit van gesondheidswetenskappe by die Universiteit van Namibië ingehuldig.
Die raad vorm deel van ’n memorandum van wedersydse begrip wat op 3 Augustus verlede jaar onderteken is.
Die raad sal toesig hou oor die implementering van die ooreenkoms en die opleiding van studente in verpleging, medisyne, aptekers en ander gesondheidsverwante beroepe om dit meer vaartbelyn te maak. Dit sal gedoen word deur middel van praktiese opleiding in hospitale, gesondheidsentrums en klinieke van die MoHSS.
Die minister, dr. Bernard Haufiku, het tydens die inhuldiging gesê dis ’n vereiste van die ministerie om voorsiening te maak vir ’n diensplatform vir die kliniese opleiding van mediese studente, verpleegsters, tandartse en aptekers op voorgraadse sowel as nagraadse vlak.
Die ooreenkoms sluit ook insae deur Unam se mediese skool in oor die nodige infrastruktuur van gesondheidsgeriewe, sowel as tegnologiese vaardighede vir opleiding.
Unam se visekanselier, prof. Lazarus Hangula, het tydens dieselfde geleentheid ’n beroep op die raad gedoen om die mediese skool by te staan en raad en leiding te gee oor hoe om die instelling te laat groei.
“Vir nou het ons geen ander mediese skool buiten dié een nie. Dit is daarom my grootste wens dat die verhouding met die skool en sy personeel, sowel as personeel van die fakulteit vir gesondheidswetenskappe as geheel een van positiewe betrokkenheid en gemeenskaplike respek sal wees,” het Hangula gesê.
Die fakulteit van gesondheidswetenskappe verteenwoordig vyf van die 12 Unam-kampusse landswyd. Dit sluit die hoof- en gesondheidskampusse in Windhoek, Oshakati, Rundu en Keetmanshoop in.
Die fakulteit bestaan uit die skole vir medisyne, aptekerswese, verpleging en openbare gesondheid. - Nampa

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie