Mediese raad moet publiek beskerm
Mediese raad moet publiek beskerm

Mediese raad moet publiek beskerm

Buitelandse studente wat 'n pre-internskapevaluering moet voltooi, is ten volle oor die vrae en proses ingelig.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht - Die Mediese en Tandheelkundige Raad het 'n verantwoordelikheid om die praktyke van die verwante professies te reguleer en die publiek te beskerm.

In die lig hiervan is daar 'n voortgesette behoefte om die prosesse van die raad van tyd tot tyd te herevalueer en oorweging aan die behoeftes van die professie en die publiek te skenk.

Die registrateur van die Raad van Gesondheidsberoepe in Namibië (HPCNA) het in hofstukke gereageer op 'n groep studente wat medies in die buiteland studeer het en wat onder meer kla die pre-internskapevaluering se meervoudige keusevraestel is “sonder opleiding en studiemateriaal” op kort kennisgewing verander.

Mnr. Cornelius Weyulu sê egter in 'n brief in November verlede jaar aan die vier beswaardes se regsverteenwoordigers “dit dien die waardigheid van die professie en die belange van die publiek as die raad standaarde stel wat kennis, vaardigheid en bevoegdheid verseker”.

Die evaluering van die studente geskied volgens Weyulu juis om te bepaal of die aansoeker aan bogenoemde vereistes vir die verwante professie voldoen en ook vaardig in Engels is. Kennis word deur meervoudige keusevrae en vaardig- en bevoegdheid deur objektiewe gestruktureerde kliniese eksamens getoets.

Vier buitelandse studente het onder meer die raad voor die hof gedaag omdat die vraestel verlede jaar 300 meervoudige keusevrae bevat het (teenoor die vorige vraestel se 100), terwyl die getal afdelings wat gedek is, van vier tot ses vermeerder is.

Volgens die beswaarde studente, wat onder meer in Rusland, die Oekraïne, China, Belarus, Algerië en Kuba studeer het, is die vraestel ook op kort kennisgewing en sonder die nodige studiemateriaal en opleiding verander, en behoort hulle minstens 'n jaar voor die tyd hieroor ingelig te word. Om die evaluering suksesvol af te lê, moet die studente ook al ses die afdelings slaag.

Weyulu sê egter dit is die raad se reg om binne die omvang van die wet die inhoud, aard en omvang van die evaluering te bepaal. Hy beklemtoon voorts die betrokke studente is wel verskaf van die voorbereidingsmateriaal in die vorm van die omvang en riglyne sowel as 'n voorbeeld van die eksamen.

“Aansoekers is ten volle ingelig oor die spesifieke areas waarop die evaluasie gebaseer word, die verwagte slaagvereiste, die proses wat gevolg kan word, sou die slaagsyfer nie behaal word nie, prosedures tydens die evaluering, sowel as voorbeelde van vrae,” lui sy brief, deel van die hofstukke.

Weyulu beklemtoon voorts die toename in die getal vrae van 100 tot 300 is deel van die uitbreiding van die omvang van die evaluering.

“Dit het die potensiaal om die kanse van studente te verhoog om die evaluering te slaag.”

Die beswaarde studente beskuldig die raad op hul beurt dat hy “alles in sy vermoë” doen om die aantal mediese studente te verminder wat opleiding in die buiteland ontvang het.

Volgens hofstukke kla die studente ook oor die gebruik van handelsname en doserings van medisyne, wel wetend dat die kandidate “internasionaal opgelei” is.

“Sommige dokters” word ook van “diskriminasie en vooroordeel” tydens die buitelandse dokters se kliniese rotasie beskuldig.

“Sommige dokters het persoonlik die inname van buitelandse leerlingdokters in 'hul' sale geweier en ons op grond van die groep as geheel verneder.”

Die moderering en evaluering van die eksamen deur die Universiteit van Namibië se mediese skool (SOM) pleks van die mediese raad skend ook die “onpartydigheid en toepaslikheid” van die standaarde.

Die studente beweer voorts in hofstukke SOM-studente dra kennis oor die vrae en inhoud van die eksamen. Volgens die studente het 'n SMS die ronde gedoen waarin SOM-studente ekstra klasse oor die betrokke eksamen teen N$1 500 tot N$3 000 per student ná die bekendmaking van die uitslae aangebied het.

Die buitelandse studente eis voorts dié wat nie die evalueringseksamen geslaag het nie, moet 'n tweede kans kry voordat hulle deel van die ­verpligte remediërende program word.

Hulle eis voorts die jaarlikse inname van leerlingdokters moet openbaar gemaak en “buigbaar” wees om buitelandse studente te akkommodeer. Die groep het 'n dringende aansoek by die hoërhof ingedien om gister se pre-internskapevaluering te stop. Die eksamen is egter met 'n maand tot Februarie uitgestel.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.29/BBP UP +0.88% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.13 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.58 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.29/BBP UP +0.88% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037