Mede-stigter van Erindi sterf
Mnr. Chris Joubert (71), die medestigter van die Erindi Private Wildreservaat naby Omaruru, het in Kaapstad gesterf.
Sy broer en eienaar van Erindi, mnr. Gert Joubert, het gesê sy broer het vermoedelik verlede verlede Donderdagaand gesterf. Chris se lyk is verlede Vrydag in sy huis in die veiligheidskompleks Heerenzicht in Durbanville gevind.
Chris se vrou, Sonja, was in daardie stadium by die egpaar se vakansiehuis in Kleinbaai.
Die dood van Chris, 'n bekende sakeman en entrepreneur, is uiteraard ’n skok vir sy familie en vriende.
Hoewel Chris aan natuurlike oorsake beswyk het, het hulle gevra dat ’n lykskouing uitgevoer word om vas te stel presies wat die oorsaak van sy sterfte is.
Die broers het jare lank saam sake gedoen. In die 1990 het hulle Shelly Point, ’n uitbreiding in St. Helenabaai, van die grond af ontwikkel en daarna het hulle Erindi begin.
Gert het later sy broer se aandeel gekoop en Chris is Kaap toe waar hy die plaas Koppies in die Overberg gekoop het.
Nadat hulle aan die Universiteit Stellenbosch gestudeer het, is hulle na familie in Namibië waar hulle van besigheid geleer het.
Chris het sowat 15 jaar gelede begin afskaal.
“Hy het onlangs vir my gesê hy wil weer ’n projek saam met my aanpak. Hy was lus om iets te doen,” het Gert gesê.
“Hy was die slimste mens wat ek geken het. Hy het baie gelees, veral koerante, en ons het daagliks oor die land en die wêreld se politiek gepraat.”
Chris het meer as 80 lande gesien en was baie lief vir reis.
Ná ’n besoek aan Londen het Chris verlede week in die Kaap vir sy jaarlikse mediese ondersoek gegaan.
“Die toetse het goed verloop. Dit is waarom sy sterfte vir ons so ’n groot skok is. Almal is verpletter. Hy was ’n geliefde mens, foute en al. Hy sal baie gemis word,” het Gert gesê.
Chris word deur sy vrou en vier kinders oorleef. Sy seun Paul is 'n aandeelhouer in Erindi en bestuur die lodge.
’n Gedenkdiens is verlede Woensdag in die Durbanville Gedenkpark gehou. Die oorskot sal veras word. - Netwerk24 en eie berig

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie