Meatco se inkomste val met N$911 miljoen
Meatco se inkomste val met N$911 miljoen

Meatco se inkomste val met N$911 miljoen

Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Meatco, die vlagskip vir vleisuitvoere in Namibië, se inkomste in die groep het in die 2020-21-boekjaar met N$911 miljoen terugsak van N$1,784 miljard in die vorige boekjaar, tot N$873 miljoen.

Die groep se verlies voor belasting het N$118,64 miljoen beloop. In die 2019-’20-boekjaar het dié vleiskorporasie ’n verlies van N$113,66 getoon.

Meatco se veelbesproke 2020-’21-jaarverslag is pas vrygestel nadat die vorige voorsitter, mnr. Johnnie Hamman, volgens ingeligte bronne vroeër geweier het om dit af te teken.

Hamman het op 28 Mei saam met die direksielid wat die kommersiële produsente verteenwoordig het, mnr. Kay-Dieter Rumpf, uit die direksie bedank. Dit was nadat hulle laat die vorige aand weens “wesentlik en onversoenbare verskille met die bestuur” uit ’n raadsvergadering gestap het.

Kort daarna het die adjunkvoorsitter, me. Clara Bohitile, ook haar bedanking aan die minister vir staatsondernemings, mnr. Leon Jooste, gestuur.

Ingeligtes met wie Republikein gister gepraat het, meen die naweek se gebeure hou onder meer met Meatco se jaarverslag vir die 2020-'21-boekjaar verband.

Die jaarverslag moes reeds op 19 Februarie vanjaar tydens die algemene jaarvergadering aan produsente voorgelê word. Die jaarvergadering het egter nooit plaasgevind nie, skynbaar omdat Hamman dit nie wou afteken nie.

Meatco se ouditeure het reeds in die vorige boekjaar die finansiële jaarverslag gekwalifiseer en gesê daar bestaan ’n wesenlike onsekerheid oor dié entiteit se vermoë om as lopende saak voort te bestaan.

Volgens die 2019-'20-jaarverslag het Meatco se totale skuldlas vir die groep N$814,6 miljoen beloop.

Die 2020-’21-jaarverslag is op 11 Junie deur die tussentydse voorsitter, mnr. Adolf Muremi, afgeteken.

Meatco se ouditeure, PriceWaterhouseCoopers (PwC), sê in die verslag hy hulle het net die gekonsolideerde en afsonderlike finansiële state saamgestel op grond van die inligting wat deur Meatco verskaf is.

“Aangesien ’n samestellingsopdrag nie ’n versekeringsopdrag is nie, hoef ons nie die akkuraatheid of volledigheid van die

inligting wat u aan ons verskaf het om hierdie finansiële jaarstate op te stel, te verifieer nie,” sê PwC, en voeg by dat hy daarom nie ‘n mening oor die finansiële prestasie uitspreek nie.

Meatco se dalende inkomste verlede jaar was te wyte aan die skrale 36 074 beeste wat geslag is, teenoor die 116 304 beeste wat in 2019 geslag is toe noodbemarking tydens die droogte produsente gedwing het om kuddes so veel as moontlik te verklein, sê mnr. Mwilima Mushokabanji, hoof uitvoerende beampte, in sy verslag.

Volgens hom het administratiewe uitgawes N$183 miljoen beloop, terwyl N$221 miljoen daarvoor begroot was. Dit beteken N$25 miljoen is gespaar ondanks die feit dat N$7 miljoen aan Covid-19-uitgawes bestee moes word.

Altesaam N$400 miljoen is aan produsente uitbetaal. Dit was N461,8 miljoen hoër as die Suid-Afrikaanse pariteitsprys.

Hamman sê in sy voorsittersboodskap die lae deurset het ‘n reuse-impak op Meatco se winsgewendheid en kontantvloei gehad.

Hy benadruk in die verslag die volhoubaarheid van die rooivleisbedryf in die land is onlosmaakbaar verbind tot die volhoubaarheid van Meatco en die sleutelrol wat dit in dié bedryf vervul.

Hy sê dit is dringend noodsaaklik dat alle belanghebbendes – van die regering, die Vleisraad, die direktoraat veeartsenydienste, landbouleiers, alle produsente en abattoir-eienaars die toekoms van die bedryf in groot diepte bespreek.

Vrae aan Jooste oor of hy al breedvoerige terugvoering van Hamman, Bohitile en Rumpf ontvang het oor wat tot die uitval met die bestuur en hul bedankings gelei het, was teen gisteraand nog onbeantwoord.
[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.09 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.79 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026