Meatco het nie Brexit-angs
Meatco het nie Brexit-angs

Meatco het nie Brexit-angs

Die leierskapsverandering in Brittanje kan Namibië se uitvoere beïnvloed.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer



Met mnr. Boris Johnson se oorwinning gister oor mnr. Jeremy Hunt as leier van Brittanje se Konserwatiewe Party en die Britse premierskap, is die skrif aan die muur vir 'n Brexit sonder 'n ooreenkoms met die Europese Unie (EU).

Die afsnypunt vir Brittanje se vertrek uit die EU is 31 Oktober en Johnson het laat blyk hy wil hierdie sperdatum nakom, ongeag die gevolge.

Vir Namibië beteken dit as die nuwe handelsooreenkoms tussen Brittanje en lande in die Suider-Afrikaanse Doeane-unie (Sacu) en Mosambiek nie betyds onderteken word nie, sy beesvleis, tafeldruiwe en ander produkte Britse lande van 1 November af nie meer kwota- en tariefvry mag binnegaan nie.



nuwe ooreenkoms

Die nuwe ooreenkoms moet toesien dat handel tussen lande in Suider-Afrika en Brittanje ná Brexit sonder enige ontwrigting voortgaan.

Hierdie lande het tans danksy die Ekonomiese Vennootskapsooreenkoms (EPA) met EU-lande tarief- en kwotavrye toegang vir hul uitvoerprodukte.

Die handel in goedere en dienste tussen Namibië en Brittanje beloop jaarliks sowat £70 miljoen (N$1,4 miljard), en beesvleis en tafeldruiwe is die vernaamste uitvoerprodukte.

Mnr. Jannie Breytenbach, uitvoerende hoof van Meatco, het gister gesê die onderhandelinge vir die nuwe handelsooreenkoms is goed op koers en sowat “98 persent” afgehandel.

Botswana se minister van belegging, handel en nywerheid, mnr. Bogolo Kenewendo, lei die onderhandeling namens Sacu en Mosambiek.

Breytenbach sê wat baie tyd in beslag neem, is vir die partye om deur die dokument van sowat 500 bladsye te werk en betyds die enkele kwessies waaroor hulle nog verskil, uit te stryk.

“As Brexit sonder 'n uittree-ooreenkoms plaasvind en ons nuwe handelsooreenkoms is nog nie ­onderteken nie, sal Namibië eers onder die Mees Bevoordeelde Nasie (MFN)-handelsmeganisme van die Wêreldhandelsorganisasie (WTO) sy ­uitvoere moet voortsit,” sê Breytenbach. “Dit is nie tariefvry soos die EPA nie en Namibië sal 'n ad valorem-heffing van 12,8% saam met 'n heffing van N$47 531 per ton op sy uitvoere na Brittanje moet betaal. Dit maak uiteraard nie finansieel vir ons sin nie,” het hy verder verduidelik.

Breytenbach sê daarom het Meatco alternatiewe reë­lings getref om die 8 persent van sy beesvleisuitvoere wat na die Britse mark gaan, na ander markte in EU-lande te skuif.

“Ons het oor die jare goeie verhoudings gebou met ons kliënte in Brittanje en 'n mens sou dit nie graag wou doen nie. Die feit is ons het reëlings getref en as dit nodig is, sal ons dit moet doen.”

Me. Kate Airey, die Britse hoë kommissaris in Namibië, het gister by navraag gesê die kwessie is sensitief en sy is nie tans by magte om dit te bespreek nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-20

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

LaLiga: Athletic Club 1 vs 1 Granada SerieA: Cagliari 2 vs 2 Juventus | Genoa 0 vs 1 SS Lazio Katima Mulilo: 16° | 35° Rundu: 16° | 34° Eenhana: 18° | 35° Oshakati: 20° | 34° Ruacana: 19° | 35° Tsumeb: 18° | 33° Otjiwarongo: 17° | 31° Omaruru: 17° | 33° Windhoek: 16° | 30° Gobabis: 17° | 31° Henties Bay: 17° | 24° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 07:53, High tide: 14:09, Low Tide: 19:53, High tide: 02:00 Swakopmund: 17° | 21° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:07, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Walvis Bay: 19° | 27° Wind speed: 30km/h, Wind direction: SW, Low tide: 07:51, High tide: 14:06, Low Tide: 19:51, High tide: 02:00 Rehoboth: 18° | 32° Mariental: 21° | 34° Keetmanshoop: 23° | 34° Aranos: 20° | 34° Lüderitz: 18° | 31° Ariamsvlei: 23° | 37° Oranjemund: 16° | 27° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 20° | 33° Lubumbashi: 15° | 26° Mbabane: 16° | 30° Maseru: 13° | 27° Antananarivo: 13° | 27° Lilongwe: 15° | 27° Maputo: 19° | 32° Windhoek: 16° | 30° Cape Town: 17° | 26° Durban: 19° | 26° Johannesburg: 18° | 29° Dar es Salaam: 24° | 29° Lusaka: 17° | 28° Harare: 14° | 29° #REF! #REF!