Meatco gaan tientalle aflê, onder wie topkundiges

08 April 2021 | Landbou
Groot kommer heers in die vleisbedryf nadat dit bekend geword het Meatco gaan meer as 80 werknemers aflê, onder wie die uitvoerende bestuurders wat 55 jaar en ouer is.
Dié besluit is deur me. Rosa Hamukwaya-Tobias, bestuurder van korporatiewe aangeleenthede by Meatco, bevestig.
Die topbestuurslede wat deur die besluit geraak word, is mnre. Jannie Breytenbach, operasionele hoof, André Mouton, hoof van bemarking en verkope en George Kotze, hoof van lewendehawe-produksie en waardetoevoeging.
"Meatco se internasionale mededigingendheid kan hierdeur geraak word," meen mnr. Paul Strydom, hoofbestuurder van die Vleisraad.
Mnr. Thinus Pretorius, voorsitter van die Lewendehaweprodusente-organisasie (LPO), se reaksie was: "Ek sukkel nog om tot verhaal te kom. Die LPO sal vandag amptelik reageer."

Soortgelyk

 

RMB Song Night vier ’n dekade

2 ure gelede | Kuns en vermaak

Die RMB Song Night-inisiatief wat op die been gebring is met die doel om Namibiese klanke te laat groei en ontwikkel, vier vanjaar sy tiende...

Europese Unie verwelkom besending entstowwe van Covax

2 ure gelede | Gesondheid

Die Europese Unie se adjunkhoof, mnr. Gosia Lachut, het die besending van 24 000 dosisse AstraZeneca-entstof teen Covid-19 van Covax aan Namibië verwelkom. Lachut...

FlyWestair brei binnelandse vlugte uit

3 ure gelede | Vervoer

FlyWestair voeg van volgende Woensdag 28 April 'n ekstra vlug by sy Ondangwa-roete en het ook by die Vervoerkommissie van Namibië aansoek gedoen om vlugte...

Kavango-Oos kry eerste besending Covid-19-entstowwe

5 ure gelede | Gesondheid

Kavango-Oos het sy eerste besending Sinopharm en AstraZeneca-dosisse deel van die immuniseringsveldtog teen Covid-19 ontvang. Die streek het 7 983 Sinopham- en 2 880 AstraZeneca-dosisse...

Vincia Cloete aangestel as hoof van korporatiewe bestuursinsituut

6 ure gelede | Mense

Die Namibië Instituut vir Korporatiewe Bestuur (NICG), wat in 2016 gestig is om gesonde korporatiewe bestuursbeginsels en -praktyke in die land te bevorder, het aangekondig...

Floyd-moordverhoor: Skuldig!

6 ure gelede | Internasionaal

Derek Chauvin (45), gewese polisielid van Minneapolis, is skuldig bevind aan die moord op George Floyd (46).’n Jurie het gisteraand laat (Namibiese tyd) dié beslissing...

Sprinkane nou in 11 streke

15 ure gelede | Landbou

Ronelle Rademeyer – Die verwoestende sprinkaan­plaag het nou na elf van die land se 14 streke uitgekring en dit is net in die Omaheke-, Khomas-...

Pensioenaris in haar huis vermoor

15 ure gelede | Misdaad

Erwin Leuschner – Gisteroggend het ondersoekbeamptes Trekkopjestraat in Kramersdorf in Swakopmund afgesper nadat me. Irene Lohmeier (82) in haar huis by nommer 9 aangeval en...

Miljoene vir vervalste maskers

15 ure gelede | Howe

Jana-Mari Smith – ‘n Chinese tabakmaatskappy met Swapo-bande eis N$6,5 miljoen van ‘n vennoot nadat ‘n ooreenkoms oor die invoer van gesigmaskers op die vooraand...