Meatco fokus op Noorweë in 2021

Mwilima oor prestasies, vooruitsigte

09 February 2021 | Landbou
Elvira Hattingh



Terwyl Brexit na verwagting vanjaar geleenthede vir Meatco in die Europese en Engeland se markte sál beïnvloed, gaan Noorweë in 2021 die hooffokus bly.

Boonop sal China na verwagting in 2021 'n beduidende verskil vir Meatco maak as die enigste mark buite Afrika wat ook gebeende beesvleis aanvaar.

Meatco is steeds ook die enigste slagplaas in Afrika wat beesvleis na die VSA uitvoer.

Meatco se uitvoerende hoof, mnr. Mushokabanji Mwilima, het Donderdag in 'n brief aan belangegroepe gesê vanjaar sal die Covid-19-pandemie steeds Meatco se vleis­markte beïnvloed, maar eerder in terme van 'n verandering in verbruikers se kooppatrone.

Na verwagting sal dit vleisprodusente se kliën­tebasis verbreed, maar druk op die restaurant- en kosbedryf sal dié ondernemings se volhoubaarheid kwaai belemmer.

Mwilima sê met die afskop van 2021 het bees­pryse in Europa stewig gebly, terwyl pryse in Engeland hoër begin het as die afgelope vyf jaar.

Hy het gesê Meatco kon verlede jaar sy Noorweegse kwota nakom en het die volle 1 600 ton gebruik. Vanjaar is 'n kwota van 1 200 ton aan dié vleisverwerker toegestaan.

“Dit bly 'n waardevolle, premiemark en ons kon altesaam 1 608 ton vleis daarheen uitvoer, wat neerkom op sowat 82 211 kartonne wat verskeep is.

“Dit het sowat 16,4% van ons dysnitte ontvang, asook 15,5% van ons binneboudsnitte, 11,0% voorribsnitte en 10,6% lendesnitte,” het hy gesê.

Mnr. André Mouton, Meatco se uitvoerende hoof van bemarking en verkope, het bygevoeg hoewel verlede jaar stadig begin het, is die kwota voor Oktober verlede jaar gevul.

“Boonop was verlede jaar die eerste keer wat ons nuwe internasionale markte soos China asook Amerika vir 'n hele jaar lank kon bedien.”



VERSLAGTING

Mwilima sê Meatco het verlede jaar tussen Februarie en Desember 35 314 beeste geslag in vergelyking met 115 305 in 2019.

“Die gemiddelde prys wat in 2020 aan produsente betaal is, is N$44,74 per kg, in vergelyking met N$44,23 in 2019.

“Die gemiddelde karkasgewig het met 13 kg toegeneem vanaf 229 kg in 2019 tot 242 kg in 2020.

“Meatco het in totaal N$382 miljoen oor die afgelope 11 maande aan produsente betaal. Die statistieke verteenwoordig die moeilike omstandighede waarin Meatco oor die afgelope jaar moes werk,” het hy gesê.

Mwilima voeg by die dinamika van vraag en aanbod kan 'n reuserol speel in die pryse wat betaal word, asook die strategieë wat ingespan is om meer beeste te bekom. Hy is van mening dat slagbeeste tans nog skaarser gaan wees, omdat produsente nou kuddes herbou.

“Mededingendheid, winsgewendheid en die volhoubaarheid van Meatco is baie afhanklik van 'n optimale deurset, operasionele doeltreffendheid en die beste markopbrengste.”



STRATEGIESE PLAN

Mwilima sê Meatco se strategiese sakeplan vir 2021 tot 2026 is op 21 Desember 2020 by die ministerie van staatsondernemings vir hersiening en goedkeuring ingedien.

Hy sê dit bestaan uit vyf strategiese doelwitte, wat insluit dat dit winsgewend en finansieel volhoubaar moet wees, goeie korporatiewe bestuur gehandhaaf moet word, 'n prestasiekultuur gevestig moet word, die betrekking van belangegroepe verbeter moet word terwyl die onderneming se handelsmerk gebou moet word, asook om mededingendheid in die waardeketting te verbeter.

Hy het ook beloof dat deurlopende interaksie met belangegroepe vanjaar volgehou sal word.



ANDER

VERWIKKELINGE

Hy het gesê boere by Gam sal ook hul bees direk aan Meatco kan bemark, met 'n bemarkingskraal wat amptelik volgende maand in die gebied sal open.

Om hul verantwoordelikheid teenoor beesboere in die noordelike kommunale gebiede na te kom, sal Meatco ook voorts die Rundu-slagplaas – ná sy opknapping – bestuur en tegniese steun in die bestuur van die Oshakati- en Katima Mulilo-slagplaas bied.

Verder sal dit voortgaan met hul mobiele slag­eenhede en die Meatma Bonanza wat as afsetpunt dien vir die verspreiding en verkoop van vleis in die kommunale gebiede.

- [email protected]

Soortgelyk

 

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan "onder die beste...

2 ure gelede | Gesondheid

Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan teen Covid-19 is deur die Wêreldgesondheidsorganisasie (WHO) as "een van die beste in die wêreld" beskryf. Volgens die minister van...

N$583 miljoen vir Namibië se Covid-19 Ontplooiings- en Immuniseringsplan...

2 ure gelede | Gesondheid

Die totale voorgestelde begroting vir Namibië se Ontplooiings- en Immuniseringsplan vir Covid-19-entstowwe is N$583 miljoen waarvan N$484,8 miljoen vir die aankoop van die entstowwe is....

Covid-19-regulasies geld tot 31 Maart

3 ure gelede | Gesondheid

Pres. Hage Geingob het pas by Staatshuis aangekondig die huidige Covid-19-maatreëls geld vir die volgende 36 dae vanaf middernag tot 31 Maart (Onafhanklikheidsdag op 21...

Knopvelsiekte breek in Omaheke uit

4 ure gelede | Landbou

Knopvelsiekte het by Eiseb in die Omahekestreek uitgebreek en die beweging van beeste in dié gebied is tot verdere kennisgewing opgeskort.Volgens dr. Albertina Shilongo, hoof-veeartsenybeampte...

Metro spoils its customers

5 ure gelede | Plaaslik

Metro Namibia celebrated its birthday in style once again by spoiling five lucky customers each to a trailer of their own, stocked with N$5,000-00 worth...

Vrou woon in haar motor by hospitaal

13 ure gelede | Mense

Henriette Lamprecht – 'n Bejaarde vrou van die kus woon die afgelope week in haar motor in die parkeerterrein van 'n staatshospitaal in Windhoek om...

Toekoms van 77 Air Nam-vlieëniers onseker

13 ure gelede | Vervoer

Francoise Steynberg – Altesaam 77 vlieëniers van Air Namibia se toekoms is onseker. Boonop het bykans 75% van die redery se vlieëniers se lisensies verval...

Ses damme voller as 100%

13 ure gelede | Weer

Elvira Hattingh – Terwyl altesaam sowat ses Namibiese damme tans 100% of meer water bevat, oorstroom die Zambezirivier sy walle, met water wat in die...

Weer vir 24 Februarie

13 ure gelede | Weer

WEERWAAK: Wydverspreide donderbuie word in Ohangwena, Oshikoto, Otjozondjupa en Omaheke verwag. BINNELAND: Sonnig en warm in die Suide en Weste, andersins gedeeltelik bewolk en baie...