Mboma opnuut in Zagreb losgelaat
Beatrice Masilingi se seisoen is verby, maar haar oefenmaat gaan steeds van krag tot krag.
Tielman van Lill – Christine Mboma kan vanaand in Zagreb, Kroasië, by haar tweede laaste byeenkoms vir 2021 weer eerste in die 200 meter-naelloop van Wêreldatletiek se Goue Kontinentale toerbyeenkoms eindig, indien sy haar onoorwonne streep teen Jamaika se Shericka Jackson volhou.
Mboma sak vanaand om 20:40 in die plek van Beatrice Masilingi in die wegspringblokke by die 71ste Borisa Hanžekovica-gedenkbyeenkoms. Sy vervang Masilingi ook by die Kip Keino Classic-kompetisie op 18 September in Nairobi, Kenia.
Masilingi, wat die afgelope dae van griep herstel, is op grond van mediese advies aan laas Donderdag se Diamantligafinaal in Zürich onttrek, voordat haar beoogde deelname in Zagreb en Nairobi ook in die slag gebly het.
Masilingi se siekte kom dalk ontydig, maar bied moontlik 'n broodnodige ruskans vir dié atleet wat bitter hard die afgelope jaar gewerk het.
In haar afwesigheid het Mboma opnuut die kalklig gesteel in Zürich, met 'n wentyd waarmee sy haar eie o.20-wêreldrekord en nasionale senior rekord tot 21.78 gesnoei het.
Jackson het haar vinnigste tyd nóg behaal (21.81), maar het nogtans met 'n paar sentimeter agter die Namibiër geëindig.
Die baanloting vir vanaand:
Baan 1, Jusztina Csóti (Hongarye) 23.71 (seisoensbeste en persoonlike beste)
Baan 2, Moa Hjelmer (Swede) 23.15 sb/pb
Baan 3, Shashalee Forbes (Jamaika) 22.71 pb en 23.03 sb
Baan 4, Christine Mboma (Namibië) 21.78 pb/sb
Baan 5, Shericka Jackson (Jamaika) 21.81 pb/sb
Baan 6, Maja Mihalinec Zidar (Slowakye) 22.78 pb, 23.62 sb
Baan 7, Anthonique Strachan (Bahamas) 22.32 pb, 22.56 sb
Baan 8, Veronika Drljacic (Kroasië) 23.82 pb/sb
• Regstreekse beeldsending van vanaand se byeenkoms (19:00–21:00), asook die Nairobi-byeenkoms van Saterdag (15:00–17:00) is op SuperSport Variety 4 geskeduleer.
– [email protected]

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie