Matheus, Hanghome oes Dulux-punte in
Gholf
Die Windhoek Buiteklub gholfklub (WGCC) het laas naweek die eerste van twee beterbal stablefordtoernooie geborg deur Dulux aangebied.
Die Dulux-reeks word landwyd aangebied met meestal twee toernooie by elke klub, wat op 'n nasionale eindtoernooi in die tweede helfte van die jaar uitloop.
Altesame 26 spanne, met 51 spelers, het Saterdag meegeding. Die getal vir die Buiteklub se eerste toernooi is vanjaar nog net oortref deur die 56 spelers wat by Tsumeb gholfklub in aksie was.
Die wenspanne van die Buiteklub se eerste ronde van die 2019 Dulux-reeks was soos volg:
1 Sakkie Matheus en Vilho Hanghome, 49 punte
2 Mike Beavis en Keith Gardiner, 45 punte
3 Ian Wood en Melt van Schoor, 43 (uittel)
Die Buiteklub se tweede Dulux-toernooi word op 18 Mei gespeel.
Die borge en organiseerders het nog nie bekend gemaak hoeveel spanne van elke klub na die finaal sal deurdring nie. 'n Merietelys ná die tweede ronde sal die deurslag gee. Om vir kwalifisering in aanmerking te kom, moet dieselfde spanlede in beide kwalifiserende toernooie saam speel.
• Komende Saterdag bied die klub die Bank Windhoek Onafhanklikheidsbekertoernooi aan.

Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie