Mathe by seksraaisel betrek
Mathe by seksraaisel betrek

Mathe by seksraaisel betrek

Die uitvoerende direkteur van sport, jeug en nasionale diens is klaarblyklik in eksplisiete foto’s gesien.
Augetto Graig
Augetto Graig - Die onlangs aangestelde uitvoerende direkteur van die ministerie van sport, jeug en nasionale diens, dr. Audrin Mathe, is by ’n seksskandaal betrek nadat foto’s van ’n man wat baie soos hy lyk en besig is met volwasse seksuele gedrag, blykbaar in ’n kantoorruimte, verlede week op sosiale media begin versprei het.

Mathe is in November 2020 aangestel. Hy was tot in 2019 die hoof uitvoerende beampte van die New Era staatskoerant.

Die staatsonderneming se geskil met hom, in verband tot die eienaarskap van ’n luukse voertuig in sy besit, is eers in Oktober afgehandel. Die prokureur Norman Tjombe het toe aan Namibian Sun gesê: “NEPC het ingestem om die saak te laat vaar, in ruil dat Audrin sy hofsaak vir naamskending teen die maatskappy laat vaar. Die kwessie word as afgehandel beskou,” het Tjombe gesê.

Nou verteenwoordig Tjombe vir me. Ndeuya Haushona en hy het Saterdag in ’n verklaring sy kliënt se onskuld in die eksplisiete verhaal amptelik gestel.

“Ons kliënt kan bevestig dat sy nie enige van die persone in die verskeie foto’s is nie, en enige poging om haar te koppel met die materiaal is nie net naamskendig en ’n lasterlike aanval op haar waardigheid nie, maar die besit en verspreiding daarvan is inderdaad ’n kriminele oortreding,” skryf hy onder die briefhoof van sy regsfirma Tjombe-Elago.

Haushona sal ’n kriminele klag by die Namibiese polisie indien en sal die Regulerende Owerheid vir Kommunikasie in Namibië (CRAN) nader om verdere ondersoek in te stel, sê hy.

“Ons kliënt is ontsteld en voel walging dat weereens, in ’n land waar vroue so gereeld vermoor, verkrag of gemolesteer word, naakfotos van ’n vrou in ’n vernederende situasie versprei word. Dikwels word die soort materiaal vervaardig en versprei sonder die toestemming of kennis van die vrou, en word versprei alleenlik om siek en wellustige denke te versadig. Dit is verfoeilik,” sê haar prokureurs.

Nog voor dit het die prokureur mnr. Profysen Muluti reeds Vrydag ’n verklaring namens dr. Mathe en ene dr. Hengari uitgereik. “Hierdeur verwerp ons die aantyging dat die betrokke beelde deur dr. Mathe versprei is. Ons kliënt dr. Mathe ontken kategories dat hy die skepper was, óf verantwoordelik vir die verspreiding van die eksplisiete materiaal na derde partye was,” lees die brief.

Die koerant se navrae aan Mathe is beantwoord dat hy by sy regsverteenwoordigers se verklaring volstaan.

KRITIEK

Die reeks prokureursbriewe volg op twee vrystellings Donderdag deur die Studente-unie van Namibië (Sun). Daarin kritiseer die vakbond die betrokkenheid van ’n hoë ampsbekleder van die ministerie verantwoordelik vir Namibiese jeug, “in sulke skandelike aktiwiteite, des te meer binne ’n profesionele ruimte soos ’n kantoor,” volgens SUN sekretaris vir politieke onderwys mnr. Maximalliant Katjimune.

“Ons as jeug kan nie toelaat dat so ’n individu ons lei nie. Dit sal verstandig wees as die eerste minister die gedrag van die individu ondersoek en hom uit sy amp verwyder,” volgens Katjimune.

Later dieselfde dag, in ’n tweede SUN-vrystelling, skryf Katjimune die vakbond kon vasstel dat die voorval op die foto’s reeds in 2017 gebeur het, “toe die spesifieke beampte nie deel van die ministerie was nie”.

Die minister van sport, jeug en nasionale diens, me. Agnes Tjongarero, het wel laat weet: “Ek is in die proses om al die feite te versamel en tot dan kan ek geen kommentaar oor die kwessie lewer nie. Eintlik is daar meer vrae as antwoorde,” het sy gesê.

[email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.44 | EUR to NAD 20.1 | CNY to NAD 2.59 | USD to NAD 18.8 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.78 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 338.05/OZ UP +0.31% | Copper US$ 4.54/lb UP +0.71% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.96/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 913.47/OZ DOWN -0.0026