Maroelavrug ten volle benut
Met die oorskiet van die maroelavrugte wat mnr. Jan Visser van Tsumeb gebruik om olie vir die uitvoermark te vervaardig (soos in die Noorderlig van 28 April berig), word voer vir diere gemaak. Dus word alles van die vrug gebruik. Die vrug se skil en vleis word volgens die regte hoeveelhede met die gemaalde dop van sonneblomsaad, gras, lusern, mielies en die oorblyfsels van die maroelaneut gemeng. Dié mengsel word dan deur ’n masjien gemaal en in korrels gepers. Ná die mengsel ’n paar keer deur die masjien gepers is en die regte digtheid bereik is, word die korrels in die son geplaas om uit te droog. “Omdat ons letterlik die hele vrug gebruik, word daar nie eens ’n bietjie van die maroelavrug gemors nie,” sê Visser. Die pille word deur Hanekom Farming hoofsaaklik as voer vir wild versprei.
Kommentaar
Republikein
Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie