u201cMaro was u2019n sonstraal in ons lewensu201d
u201cMaro was u2019n sonstraal in ons lewensu201d

“Maro was ’n sonstraal in ons lewens”

Die polisieondersoek duur voort na die oorsaak van ’n 22-jarige man, wie se lyk op straat gevind is, se dood.
Tanja Bause
Tanja Bause – “Ek verwag steeds dat hy enige oomblik huis toe sal kom,” sê me. Beatrice Ruiters.

Haar enigste seun, mnr. Giberto Romario Ruiters (22), se lyk is Sondag omstreeks 04:00 naby die Seunskool Pionier in Moses Garoebstraat in Windhoek gevind.

Die polisieondersoek duur voort en tot dusver bestaan geen duidelikheid oor die oorsaak van Maro, soos hy beter bekend was, se dood nie.

In die outopsieverslag word die oorsaak as “onbepaald” aangedui.

Maro se pa, Gert, sê hy het sy seun Vrydagnamiddag laas gesien en met hom gepraat.

“Ek sou hom na sy werk toe vat. Maar hy het gesê hy het reggekom en ’n taxi werk toe gevat. Dit is die laaste keer dat ek my seun gesien het,” sê Gert.

Maro het by die Piccolo Café & Lounge gewerk. Hy het Vrydag tot 24:00 gewerk en daarná huiswaarts gekeer.

“Ons het al gelê en slaap. Die volgende dag toe ek werk toe is, het ek net sy kamerdeur oopgemaak en hom gesien lê en slaap. Ek is werk toe, min wetende dit is die laaste keer wat ek my seun lewendig gesien het,” sê die gebroke pa.

Volgens Maro se ma, het hy saam met ’n vriend die huis omstreeks 09:00 verlaat om sy hare te laat skeer.

“Maro was baie erg oor sy hare. Dit moes altyd netjies en in ’n styl wees. Van kleins af . . . sy gesig kon vuil wees, maar sy hare was netjies en gestileer,” sê sy.

Maro het glo laatmiddag by die huis gaan eet.

“Hy het omstreeks 16:00 vir my gesê: ‘Tima, ek gaan nou eers.’ Dit was die laaste keer wat ek hom gesien het. Hy het wel so 22:00 teruggekom, maar ons was al in die bed, so ek het net gehoor hoe hy in sy kamer besig is om ander klere aan te trek. Hy het toe weer uitgegaan,” sê Beatrice.

Volgens Gert het Maro baie by sy ouma Grieta Clark gaan slaap en het hulle niks vermoed toe hulle Sondag wakker word en hy nie by die huis was nie.

“Sy ouma was alles. Hy het gereeld by haar oorgeslaap. Hy het ook elke Sondag by haar gaan eet,” sê Gert.

Verlede week Sondag was Vadersdag en die familie sou saam braai.

“Ek het vir my vrou gesê as Maro nou by die huis kom, moet ons die vuur brand steek. Ons het nog in die kooi gelê en gesels toe ek die seuns buite op straat vir my hoor roep. Ek het uitgegaan en hulle was saam met ’n vrou wat ek nie geken het nie,” sê hy.

“Die vrou het gevra waar Maro is en ek het gedink hy is by sy ouma. Ek het nooit daaraan gedink dat hy heengegaan het nie. Die vrou het gesê sy wil vir my iets op haar selfoon wys. Maar ek kon nie kyk nie. Ek het net in die huis ingegaan en vir my vrou gesê Maro is nie meer met ons nie. Sy het my nie geglo nie en vir ouma gebel om te hoor waar Maro is.”

Familie het na ’n foto van Maro se liggaam gekyk en bevestig dit is wel hy.

Gert moes toe sy seun in die lykshuis gaan uitken.

“Hy was ’n sonstraal in ons se lewe. Ons enigste kind. Dit is ’n verskriklike harde ding wat gebeur het, maar ek vergewe dies wat dit aan my kind gedoen het,” sê Gert.

Beatrice sê: “Hy was baie lief vir kosmaak, al van kleins af. Me. Magdalena Natanga het vir hom ’n beurs gegee dat hy ’n sjefkursus kon doen. Hy het sy internskap by die Protea Pelican Bay Hotel op Walvisbaai gedoen en toe by die Piccolo Café & Lounge gewerk.”

Volgens haar sou hy binnekort met nog twee kursusse aan die Namibië Universiteit van Wetenskap en Tegnologie (Nust) begin.

“Die Protea Hotel op Walvisbaai het gesê hy moet na die voltooiing van dié twee kursusse na hulle toe teruggaan. Maar sy eintlike droom was om op ’n groot skip te gaan werk en die wêreld te sien,” sê Gert.

Maro is beskryf as ’n nederige, eerbiedige man wat daarvan gehou het om te lag en ander te laat lag.

Vanaand om 19:00 sal ’n roudiens by Maro se ouma se huis op die hoek van Emerald- en Garnetstraat, erf 443, in Vaalhoek gehou word.

Saterdag om 13:00 vertrek die begrafnisstoet van Maro se ouerhuis in Ferislaan af na die Ou Apostoliese Kerk vir sy diens.

Kommentaar

Republikein 2024-04-27

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth LaLiga: Real Sociedad 0 vs 1 Real Madrid SerieA: Frosinone 3 vs 0 Salernitana | Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City English Championship: Queens Park Rangers 4 vs 0 Leeds United | Coventry City 2 vs 3 Hull City Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 21km/h, Wind direction: S, Low tide: 11:03, High tide: 05:02, Low Tide: 23:14, High tide: 17:32 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 23km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 05:00, Low Tide: 23:12, High tide: 17:30 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 11:01, High tide: 04:59, Low Tide: 23:12, High tide: 17:29 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° #N/A #N/A