Marén de Klerk vrees vir sy lewe

Die sogenaamde Fishrot-prokureur vertel in hofstukke hoekom hy nie na Namibië kan terugkeer nie.
Ronelle Rademeyer
Ronelle Rademeyer – Die Windhoekse prokureur om wie se kop ’n storm losgebars het ná beweringe dat N$75,6 miljoen van die vermeende Fishrot-korrupsiegeld deur sy rekenings na begunstigdes gevloei het, sê daar is mense wat hom wil doodmaak.

“Ek het verskeie doodsdreigemente ontvang en het rede om te glo magtige en invloedryke individue wie se onwettige aktiwiteite moontlik aan die lig kan kom deur wat ek te sê het, het ten minste een aanslag op my lewe beplan,” sê mnr. Marén de Klerk.

Hy onthul dié vrese in ’n beantwoordende eedsverklaring wat by die hoërhof in Windhoek ingedien is. De Klerk staan ’n dringende aansoek teen waarin die hoërhof op 5 Augustus versoek gaan word om hom as die eksekuteur van die boedels van wyle mnr. Aaron Mushimba asook van mnr. Danilo Reviglio en me. Adrienne Penderis te verwyder.

’n Ingeligte bron het intussen aan Republikein gesê die aanslag op sy lewe was in Februarie toe hy in die West Beach-kliniek in Bloubergstrand by Kaapstad psigiatriese behandeling vir erge depressie ontvang het.

De Klerk sê in die hofstukke hy is van 25 Januarie tot 14 Februarie gehospitaliseer en ontvang steeds behandeling vir sy geestesgesondheid.

Volgens die bron het mans wat hulle glo as polisiebeamptes voorgedoen het, die kliniek besoek en wou De Klerk sien. “Die mediese personeel het lont geruik en hom na ’n ander kliniek oorgeplaas.”

De Klerk het Namibië op 17 Januarie verlaat. Hy besit eiendom in die Wes-Kaap.

Werknemers van die regsfirma De Klerk, Horn and Coetzee Incorporated waarvan hy, mnr. Stoan Horn, me. Celeste Coetzee en Petrus Strauss die direkteure is, ontbind einde Augustus. Horn, Coetzee en Strauss sal hulle glo by ’n ander regsfirma in die stad aansluit.

Horn het gister by navraag gesê dit is “nog net interne inligting”, maar het later in ’n teksboodskap gesê “ek bevestig dat ons in onderhandelinge is met (die firma) Theunissen en Louw”.

Die aansoek om hom as eksekuteur te verwyder, is by die hoërhof ingedien deur mnr. Johan Penderis en die prokureur, mnr. Philip Ellis, asook die begunstigdes van die drie boedels wat deur De Klerk beredder word.

Penderis, wat Mushimba se finansiële raadgewer was en saam met Ellis trustees van sy trust is, sê in die funderende eedsverklaring “dit is duidelik hy (De Klerk) was vir bykans ses maande nie in Namibië nie en is daarom nie in staat om sy take as eksekuteur behoorlik uit te voer nie”.

Hy beskuldig De Klerk ook van wanadministrasie met die bereddering van Mushimba se boedel.

Penderis voer in die hofstukke aan ’n deposito van N$100 000 wat aan De Klerk oorbetaal is vir die verkoop van ’n eiendom wat aan die Mushimba Trust behoort het, is nie meer in die trustrekening van sy firma nie.

De Klerk ontken dat hy nie bevoeg is om as eksekuteur op te tree nie en maak ook die beweringe van wanadministrasie as onsin af.

Volgens hom het Covid-19 bewys dit is moontlik om funksies soos hierdie virtueel te verrig en dit is nie vir hom nodig om fisiek in Namibië te wees nie.

Hy voer aan hoewel hy na Namibië kan kom as hy 14 dae in kwarantyn deurbring, vrees hy vir sy lewe en is dit waarom hy nie kan terugkeer nie.
- [email protected]

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25% Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.55 | EUR to NAD 20.21 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.85 | USD to ZMW 26.45 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.70/OZ UP +0.69% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.81% | Zinc US$ 2 875.10/T UP 0.73% | Brent Crude Oil US$ 89.32/BBP UP +0.48% | Platinum US$ 918.18/OZ UP +0.25%