Mark toe met speenkalwers
Mark toe met speenkalwers

Mark toe met speenkalwers

Speenkalfpryse bly hoog en die aanbeveling is dat produsente die kans moet benut en hul diere bemark.
Ronelle Rademeyer
Landbouredaksie - Prysonsekerheid en vrese dat die swak reënseisoen tot noodbemarking gaan lei, is redes waarom produsente noudat speenkalfpryse 'n nuwe hoogtepunt bereik het, hul diere moet bemark.

Mnr. Titus Koen, hoofbestuurder van veiling by Agra, het gister in 'n verklaring gesê dit is nou 'n goeie tyd om beeste te bemark. Dit is aangesien veilingpryse uitsonderlik hoog is en daar in Januarie 'n nuwe hoogste prys van N$41,86 per kg op 'n Agra-veiling vir tollies betaal is.

Volgens Koen is dit moeilik om die toekomstige neiging in veilingpryse te voorspel. “Veeprodusente wat beeste het wat markgereed is, moet dit verkieslik so gou as moontlik bemark om gebruik te maak van die goeie pryse. Daar is geen sekerheid oor hoe lank die pryse nog só hoog gaan bly nie,” sê hy.

“Ten spyte daarvan dat hoë pryse nou bykans al 'n jaar lank op veilings vir speenkalwers betaal word, kan ons steeds nie waag om enige vooruitskouings te gee nie,” sê Koen in die verklaring.

Volgens navorsing deur die Namibië Landbou-unie (NLU) het produsente in 2017 altesaam N$3,4 miljard uit die verkoop van beeste verdien. Dié bedrag verteenwoordig 45% van die totale landbouinkomste vir die jaar.

In 2016 het die inkomste uit beesverkope N$2 miljard beloop.

Agra sê in 2016 is 35 892 tollies verkoop teenoor die 53 334 wat in 2017 verhandel het. Verlede jaar is gekenmerk deur 'n ongekende opbloei in die speenkalfmark.


DROOGTE, MIELIEPRYS

Koen sê die hoofrede waarom speenkalfpryse so skerp gestyg het, is die tekort aan beeste in Suid-Afrika as gevolg van droogtes asook die laer mielieprys, wat 'n beduidende kostevoordeel vir voerkrale inhou. Die grootste gedeelte van Namibiese speenkalwers gaan tans na voerkrale in Suid-Afrika.

“Die ander rede is omdat Suid-Afrika, wat voorheen 'n netto invoerder van vleis was, nou 'n netto uitvoerder van vleis geword het nadat die land sy vleis suksesvol oorsee kon bemark,” verduidelik Koen.

“Mielies, oftewel voer, is van 'n voerkraal se grootste uitgawes. Die mielieprys het tot onder N$2 000 'n ton gesak nadat Suid-Afrika verlede jaar 'n rekord mielieoes geproduseer het.

“Die plaaslike prys vir speenkalwers is sterk gekoppel aan die Suid-Afrikaanse mielieprys. As dit stabiel bly, is die kanse goed dat die speenkalfprys ook stabiel sal bly. As dit egter gaan fluktueer of duurder word, sal die speenkalfprys beslis daal,” sê Koen.

Hy sê hoewel 'n noemenswaardige prysstyging in die bedryf te wagte was, is die afgelope jaar se skerp prysstygings beslis hoër as wat verwag is.

“Na afloop van gesprekke tussen Agra en Suid-Afrikaanse voerkrale middel verlede jaar, was die konsensus dat die hoë veilingpryse nie lank op dié vlakke sal bly nie. Die teendeel was die geval, met pryse wat daarna nóg verder gestyg het,” sê Koen.

Intussen het 'n afvaardiging van die Lewendehaweprodusente-­organisasie (LPO) Suid-Afrikaanse voerkrale verlede week besoek om die volhoubaarheid van die pryse te bepaal.

Dit blyk Suid-Afrika se beesvleis­uitvoere het tydens die droogte ongeveer 50 000 ton beloop. As gevolg van die versterking van die rand is uitvoere nie meer mededingend nie, en word verwag dat hierdie uitvoervleis in die SA mark geabsorbeer sal moet word, het die NLU verlede week berig.

“Die verwagting is speenkalwers sal steeds hoog in aanvraag bly as gevolg van 'n verkleining van die buurland se beeskudde,” sê dié unie.

OPWAARTSE NEIGING

Volgens statistiek van veilingpryse wat deur Agra bygehou word, het die gemidelde prys vir tollies in Junie 2016 op 'n laagtepunt van N$15,70 per kg gestaan. Teen Januarie vanjaar het dit tot N$36,94 per kg gestyg – wat beteken meer as dubbeld die prys van Junie 2016 word tans betaal.

Koen sê pryse vir tollies het verlede jaar op Agra-veilings tot by 'n maksimumpunt van N$40,27 per kg geklim.

Dienooreenkomstig toon data, wat deur die Vereniging vir Lewendehawe-agente en –vervoerders (LABTA) bygehou word, dat nasionale gemiddelde veilingpryse van alle Namibiese agentskappe vir beeste sedert Junie 2017 sterk styg.

Nasionale syfers dui aan – met die uitsondering van Augustus 2017 - dat die gemiddelde prys per kilogram sedert September verlede jaar nie een keer onder N$31,23 gedaal nie.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.47 | EUR to NAD 20.15 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.86 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.01 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.86 | USD to ZMW 26.5 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 346.09/OZ UP +0.66% | Copper US$ 4.55/lb UP +0.82% | Zinc US$ 2 875.40/T UP 0.74% | Brent Crude Oil US$ 89.28/BBP UP +0.43% | Platinum US$ 914.57/OZ DOWN -0.0014