Marcell kry lof, maar sien Rassie hom raak?

16 May 2019 | Sport
Owen Kock - Daar word wyd en syd bespiegel of die losvoorspeler Marcell Coetzee, wat sy rugby die laaste paar seisoene vir Ulster in Ierland speel, vanjaar ’n rol in die Springbokke se Wêreldbeker-veldtog gaan hê.

Tot op hede was daar egter nog geen gesprekke tussen Coetzee en Rassie Erasmus, die Bok-afrigter, oor dié moontlikheid nie.

Sy span speel Vrydag teen die Glasgow Warriors in die halfeindronde van die Pro14-reeks.

Die 28-jarige Coetzee is aangewys as Ulster se rugbyskrywers se speler van die jaar, ’n prestasie waarop hy baie trots is, nadat hy aan die begin van die seisoen nie seker was hoe dinge vir hom sou uitdraai nie.

Hy het verlede seisoen net vyf wedstryde weens ’n kniebesering gespeel.

“Dit (dié seisoen) was werklik iets besonders, want aan die begin van die seisoen het ek nie geweet wat gaan gebeur met my knie nie.

“Nou, om nege maande later weg te stap met dié toekenning, voel ek darem ek het iets teruggegee vir al Ulster se bystand die afgelope twee seisoene.

“Dit laat my nederig voel,” sê die Springbok wat tussen 2012 en 2015 in 28 toetse gespeel het.

Coetzee is ook deur Rory Best, sy kaptein by Ulster, uitgesonder vir sy goeie spel.

Best het aan die BBC gesê Coetzee hou altyd die span op die voorvoet. Dít is wat ’n span van sy buitelandse spelers soek – manne wat groot oomblikke in groot wedstryde aangryp.

Coetzee is op sy beurt ook vol lof vir Best.

“Sy leierskap en spel het ’n groot rol gespeel in ons sukses as span vanjaar. Hy is een van die beste kapteins onder wie ek al gespeel het. Dis maklik om te sien hoekom hy so baie sukses in sy loopbaan bereik het.

“Om sulke woorde van ’n legende van die spel te hoor, maak ’n mens net weer nederig.”

Best (36) tree aan die einde van die Pro14-seisoen uit en Coetzee sê hulle wil graag hul halfeindstryd wen sodat hul kaptein se beroepsloopbaan op ’n hoogtepunt met ’n eindstryd afgesluit kan word.

“Hy is ’n legende hier in Ierland. Ek kan net dink hy sal dit ook so (’n eindstryd) wil hê as hy kan kies hoe om klaar te maak. Maar dit is ongelukkig nie hoe dit werk in rugby nie, jy moet hard baklei en bestendig wees om bo uit te kom. Ons moet eers verby Glasgow kom,” sê Coetzee.

Volgens hom sal dit belangrik wees om akkuraat en klinies in die sleuteloomblikke te wees om die Skotse span tot oorgawe te dwing. – Netwerk24

Soortgelyk

 

Vier wildehonde proe vryheid

19 ure gelede | Omgewing

Ná die tragiese skietvoorval in Februarie toe drie wildehonde van die N/a’an ku sê-stigting en -wildreservaat glo deur personeel van die Internasionale Lughawe Hosea...

Vlieëniers vlieg ‘blind’

19 ure gelede | Vervoer

CATHERINE SASMAN – Lugrederye in Namibië en dié wat deur die land se lugruim vlieg, is ontstoke oor die plaaslike burgerlugvaartowerheid (NCAA) se besluit om...

Kragskouspel in Windhoek

19 ure gelede | Plaaslik

Tanja BauseGister het 'n NamPower-transformator van 175 ton deur Windhoek gereis op pad na die Gerus-substasie naby Otjiwarongo, waar dit vandaan kom.Die transformator is in...

Onderwysministerie: Drywer vas oor ivoor

19 ure gelede | Ministeries

Francoise Steynberg - ’n Drywer van die ministerie van onderwys, kuns en kultuur is gister omstreeks 03:00 in verband met die onwettige besit van olifanttande...

Bottelneusdolfyne floreer ná stranding

19 ure gelede | Omgewing

Elvira Hattingh Minstens 25% van Namibië se totale bottelneusdolfynbevolking het sedert 1991 reeds gestrand geraak, maar byna almal het oorleef. Dit laat navorsers wonder of...

Weer vir 18 Julie

19 ure gelede | Weer

BINNELAND: Sonnig en warm maar baie warm in die noordelike streke.KUS: Gedeeltelik bewolk en matig, maar warm oor die sentrale kus.GETYE BY WALVISBAAI: L: 10:11...

Nuwe baadjie vir bib, argief

19 ure gelede | Ministeries

Die gebou wat die Nasionale Biblioteek en Nasionale Argiewe van Namibië huisves, gaan opgeknap word.Die ministerie van onderwys, kuns en kultuur sê in ‘n verklaring...

Bewaringskool gooi sy deure oop

19 ure gelede | Omgewing

Die Onguta AfriCat Mobiele Laerskool het op 11 Julie sy deure vir kinders en die gemeenskap van die Ehirovipuka-bewaringsgebied in die Noordweste oopgemaak. Vyf jaar...

Taylor Jaye tackles gender-based violence

19 ure gelede | Kuns en vermaak

Sponsored content - The continuing high rates of incidences of gender-based violence (GBV) in Namibia, further highlighted by rapidly increasing cases reported daily from victims...