Manslag, verdrinkings en verkragtings in Noorde

Omusatistreek veral getref

10 January 2017 | Misdaad
Augetto Graig - Volgens polisie het die minagting van padreëls weer eens die afgelope week ’n lewe geëis.

Dit na ’n 26-jarige motorbestuurder, wat nie in besit van ’n rybewys was nie, beheer oor ’n bakkie verloor het en die voertuig omgekeer is. Die voorval het op 3 Januarie sowat 30km buite Etango op die Opuwo-pad plaasgevind.

Daar was vier mense in die voertuig en 19-jarige Kavetutjiua Maunu het op die toneel gesterf. Die drie oorblywendes is met beserings na die naaste hospitaal geneem. Die polisie ondersoek die saak.

MISDAAD

Volgens Nampol se woordvoerder, sers. Immanuel Lazarus, het misdaad die naweek veral die Omusatistreek getref.

Lazarus sê die polisie op Outapi ondersoek tans ’n saak van strafbare manslag. Shifika Aipinge (46) het op 3 Januarie gesterf toe hy omstreeks 21:30 op pad na Onesi vanaf Epalela deur ’n voertuig gestamp is. Sy lyk is na die Okahao-lykshuis geneem en sy familie in kennis gestel. Die polisie vermoed 'n silwer dubbelkajuit-bakkie met registrasienommer N9582OT was betrokke.

VERDRINKINGS

Omstreeks 07:00 op 5 Januarie het familielede van Wilhelmina Pondjamba (68) op haar lyk in 'n boorgat op die dorpie Otamangi afgekom. Wilhelmina het vermoedelik die vorige aand na die plaaslike kuka-winkel gestap en per ongeluk in die put geval. Die polisie ondersoek ’n saak van verdrinking.

Nog 'n voorval van verdrinking is op 6 Januarie aangemeld. Die 10-jarige Festus Timoteus se lewe is kortgeknip toe hy omstreeks 15:00 op die dorpie Olunkavy naby Okahao ook in 'n put verdrink het.

VERKRAGTING

Twee voorvalle van verkragting is die naweek gerapporteer: een op Ongwediva en een in Rundu. Op die dorpie Likwaterera, naby Rundu, het 'n 50-jarige man na bewering omstreeks 23:00 op 31 Desember 2016 'n 53-jarige vrou se slaapkamer binnegegaan. Volgens die polisie het hy die beddegoed van haar afgetrek en haar verkrag. Hy is in hegtenis geneem en die polisie ondersoek die saak.

Die voorval op Ongwediva het volgens die polisie by die Okatope-waterpan, agter United Bar, plaasgevind. Omtrent 22:00 op 7 Januarie is 'n 17-jarige meisie aangeval en met die vuiste aangerand. Haar arm is gebuig en haar klere verwyder voor sy na bewering verkrag is. Die verdagte het glo na die insident weggehardloop. Hoewel die polisie vermoed die verdagte bly in die United Bar-woonstelle, is hy nie in hegtenis geneem nie.

LYKE IN BOME

Op 7 Januarie is die lyk van die 35-jarige Kondjeni Iyambo hangend aan 'n boom gevind. Die polisie vermoed selfmoord, ten spyte daarvan dat geen selfmoordbrief gevind is nie. Vroeër dieselfde oggend, om 07:30, is die lyk van die 34-jarige Tonata Shitilu ook hangend aan ’n mopanieboom gevind. Volgens die polisieverslag het hy homself aan sy broekgordel opgehang.

Op Okahao doen die polisie ’n geregtelike doodsondersoek nadat Eino Kalola (69) op 3 Januarie om 18:25 tydens ’n gedenkdiens-toespraak by ’n begrafnis ineengestort het. Hy het op pad hospitaal toe gesterf.

POLISIELORRIE VERLOOR BEHEER

Die enigste voorval waaroor Nampol in die Khomasstreek verslag gelewer het, het op 7 Januarie plaasgevind. Die bestuurder van 'n polisielorrie van die direktoraat vir die beskerming van belangrike mense, het om 02:45 beheer oor die voertuig verloor. Hy was alleen en het geringe beserings aan sy rug en nek opgedoen. Volgens Lazarus was ’n hoof van die direktoraat om 05:30 op die toneel toe sy kar ook van agter gestamp is.

Soortgelyk

 

Dagboek vir die landbouer

8 ure gelede | Landbou

Wildfees- en ­veiling vind dié naweek plaasDie Outjo Wildsfees vind hierdie naweek by die Sophienhof Lodge buite Outjo plaas. Die wildsveiling, aangebied deur Du Preez...

Noorde in greep van erge waterkrisis

18 ure gelede | Omgewing

Ronelle Rademeyer - Skade weens verspoelings aan die kanaal wat water vanaf Calueque tot by Oshakati en omliggende dorpe in die sentrale Noorde, ...

Karibib skud!

19 ure gelede | Omgewing

‘n Aardbewing wat 3,4 op die Richeterskaal geregistreer het, het knap voor middernag suid van Karibib plaasgevind.Volgens ‘n mediaverklaring van die ministerie van myne en...

Twee mans sterf op Hochfeldpad

1 dag gelede | Ongelukke

Twee mans het gistermiddag in ‘n motorongeluk op die pad tussen Okahandja en Hochfeld gesterf.Die sedanvoertuig waarin hulle gereis het, het ‘n slaggat getref en...

Shaningua 'het uit vrees geskiet'

1 dag gelede | Howe

Jacqueline Louw – Mnr. Rodney Shaningua (47) wat van die moord op ’n Finse burger twee jaar gelede beskuldig is, het gister aan ’n hoërhofregter...

Premier gee oorsig oor staatsdiens

1 dag gelede | Regering

Estelle de Bruyn - Met die uitsondering van die uniformmagte en politieke ampsdraers, is daar 67 835 staatsamptenare in Namibië van wie 534 buitelanders is.Dit...

Weer vir 28 April 2017

1 dag gelede | Weer

BINNELAND: Gedeeltelik bewolk en warm tot baie warm met enkele buie oor die Zambezistreek. Dit sal winderig oor die binneland wees, behalwe oor die verre...

Reg op repliek: Safari Hotels

1 dag gelede | Plaaslik

Op 10 Maart 2017 het Republi­kein 'n onderhoud geplaas wat gevoer is met mnr. Johnnie Hamman, voormalige besturende direkteur van Safari Hotels (Edms. Bpk.), onder...

Sentrale Aankoperaad in hoërhof ingehuldig

1 dag gelede | Howe

Die nuwe Sentrale Aankoperaad is gister amptelik deur regterpresident Petrus Damaseb in die hoërhof ingehuldig. Die voorsitter van die nuwe raad, mnr. Patrick Swartz, het...