Mans u00e9n vroue bal vuis teen geslagsgeweld
Mans u00e9n vroue bal vuis teen geslagsgeweld

Mans én vroue bal vuis teen geslagsgeweld

Aanbevelings vir die beter hantering van geweld wat op geslag gebaseer is, is aan verskeie owerhede oorhandig.
Tanja Bause
Tanja Bause



Sowat 200 mans en vroue het gister aan die #TOTALSHUTDOWNnam-optog teen geslagsgeweld (GBV) in Windhoek deelgeneem.

Die optog het by die Katutura-staatshospitaal afgeskop, waarna dit na die Katutura-polisiekantoor beweeg het en by die Windhoek-landdroshof in Katutura ten einde geloop het.

Soortgelyke optogte is gister in Botswana, Suid-Afrika en Lesotho gehou.

Optogleiers het aanbevelings om die probleem van GBV in Namibië in die bek te ruk aan die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn, die Namibiese polisie en die ministerie van justisie oorhandig.

Die eerste aanbevelings is by die Katutura-staatshospitaal voorgelees.

Hierin word versoek dat menslike hulpbronne onmiddellik in die Vroue- en Kinderbeskermingseenheid (WACPU) oftewel die polisie se ondersoekeenheid vir geslagsgebaseerde geweld, soos dit vanaf 2015 bekend staan, belê word.

“In 2016 het adj.komm. Situde bekend gemaak dat meer as 50 000 gevalle van GBV oor 'n tydperk van drie jaar aangemeld is.

“Op enige gegewe tyd was vier tot ses maatskaplike werkers by WACPU aan diens. WACPU is geweldig onderbeman. Ons moedig die ministerie van geslagsgelykheid en kinderwelsyn aan om hierdie tekort aan te spreek,” het me. Alna Dall, een van die optogorganiseerders, gesê.

“Om te verseker elke klagte of dreigement word op 'n doeltreffende en sensitiewe manier hanteer, moet sake na sielkundiges verwys word. Maat­skaplike werkers word nie opgelei om kliënte sielkundige ondersteuning te bied nie. Ons beveel aan dat die ministerie hande met die private sektor en nieregeringsorganisasies (NGO's) vat . . .”



veiligheid

“Ons weet daar is nie genoeg veilige hawens vir vroue, kinders en mense wat dit benodig nie. Kliënte word dikwels huis toe gestuur na die oortreders, omdat daar net drie staatskuilings in Windhoek is.

“Minister, u faal dié vroue deur nie druk op die regering uit te oefen vir die bou van meer skuilings in Windhoek en in die res van Namibië nie. Ons as NGO's beveel aan dat die ministerie onmiddellik met nieregeringsorganisasies, internasionale humanitêre organisasies en ander ministeries vergader om gemeenskapsgedrewe skuilings moont­lik te maak.”

Aanbevelings aan die Namibiese polisie is aan die polisiehoof, lt.genl. Sebastian Ndeitunga, voorgelees.

“Ons stel voor alle polisiebeamptes, ongeag hul status, ontvang onmiddellik opleiding in geslagsensitiwiteit.

“Ons doen 'n beroep daarop dat die Verenigde Nasies se gereedskap vir geslagskwessies deur die polisie gebruik word. Ons versoek loopbaanondersteuning aan vroulike polisiebeamptes . . .” het me. Linda Baumann, nog een van die organiseerders, gesê.

'n Vrou wat aan die optog deelgeneem het, het gesê sy, sowel as familie en vriende van haar is al verkrag.

“Ek wou 'n klag by WACPU aanhangig maak, maar die vroulike polisiebeampte het my ongelooflik sleg behandel. Só sleg dat ek die klag nie gelê het nie. Ek het haar aangegee en niks het daarvan gekom nie,” het sy gesê.

By die Windhoek-landdroshof in Katutura het die adjunkminister van justisie, me. Ludwina Shapwa, die groep se aanbevelings ontvang.

“Ons versoek u om voorkeur te gee aan die opstel van 'n register van seks­oortreders sodat be­skermingsdienste herhalende oortreders maklik kan identifiseer en sodat vroue en ander mense gewaarsku en beskerm kan word wat hulself in 'n moontlik gevaarlike situasie met iemand bevind wat reeds weens GBV aangekla is,” het me. Rosa Namises, ook een va die organiseerders, gesê.

Kommentaar

Republikein 2024-05-08

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037 Sport results: Premier League: Crystal Palace 4 vs 0 Manchester United | Liverpool 4 vs 2 Tottenham Hotspur | Brighton 1 vs 0 Aston Villa | Chelsea 5 vs 0 West Ham LaLiga: Rayo Vallecano 0 vs 1 Almería | Sevilla 3 vs 0 Granada | Valencia 0 vs 1 Deportivo Alaves | Celta Vigo 3 vs 2 Villarreal | Osasuna 0 vs 2 Real Betis SerieA: Udinese 1 vs 1 Napoli | Salernitana 1 vs 2 Atalanta | AS Roma 1 vs 1 Juventus | AC Milan 3 vs 3 Genoa | Empoli 0 vs 0 Frosinone | Hellas Verona 2 vs 1 Fiorentina | Cagliari 1 vs 1 Lecce Weather: Katima Mulilo: 14° | 34° Rundu: 18° | 34° Eenhana: 19° | 36° Oshakati: 20° | 35° Ruacana: 21° | 35° Tsumeb: 21° | 33° Otjiwarongo: 18° | 31° Omaruru: 19° | 34° Windhoek: 19° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 14° | 20° Wind speed: 24km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:28, High tide: 03:22, Low Tide: 21:38, High tide: 15:50 Swakopmund: 15° | 17° Wind speed: 32km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:20, Low Tide: 21:36, High tide: 15:48 Walvis Bay: 15° | 21° Wind speed: 38km/h, Wind direction: S, Low tide: 09:26, High tide: 03:19, Low Tide: 21:36, High tide: 15:47 Rehoboth: 20° | 31° Mariental: 22° | 33° Keetmanshoop: 20° | 33° Aranos: 21° | 33° Lüderitz: 15° | 24° Ariamsvlei: 18° | 34° Oranjemund: 12° | 19° Luanda: 25° | 27° Gaborone: 14° | 29° Lubumbashi: 13° | 28° Mbabane: 12° | 27° Maseru: 11° | 26° Antananarivo: 13° | 22° Lilongwe: 16° | 28° Maputo: 19° | 29° Windhoek: 19° | 29° Cape Town: 13° | 20° Durban: 17° | 27° Johannesburg: 16° | 26° Dar es Salaam: 23° | 29° Lusaka: 16° | 28° Harare: 13° | 27° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.16 | EUR to NAD 19.95 | CNY to NAD 2.57 | USD to NAD 18.57 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.31 | EGP to NAD 0.38 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.67 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.64 | RUB to NAD 0.2 | INR to NAD 0.22 | USD to DZD 134.39 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.64 | USD to EGP 47.5 | USD to KES 130.48 | USD to NGN 1404.8 | USD to ZAR 18.57 | USD to ZMW 27.2 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 77177.44 Up +0.32% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1714.65 Down -0.07% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13418.67 Up +0.32% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25988.93 Down -1.67% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 308.69/OZ DOWN -0.0029 | Copper US$ 4.50/lb DOWN -0.0112 | Zinc US$ 2 927.30/T UP 0.33% | Brent Crude Oil US$ 84.32/BBP UP +0.93% | Platinum US$ 974.93/OZ DOWN -0.0037