Manlike pasiu00ebnt 'twee keer' besny
Manlike pasiu00ebnt 'twee keer' besny

Manlike pasiënt 'twee keer' besny

'n Forensiese ondersoek na vals eise van die staat se mediese fonds (Psemas) sonder 82 praktyke vir verdere ondersoek uit.
Henriette Lamprecht
Henriette Lamprecht



Die ministerie van finansies het 'n forensiese ondersoek na die eispatrone van verskaffers van gesondheidsdienste van stapel gestuur om moontlike bedrog by die staat se mediese fonds (Psemas) te ondersoek.

Onder meer is eise vir 'n intra-uteriene apparaat (IUD) en swangerskapverwante eise vir manlike pasiënte ingedien, asook eise vir die behandeling van 'n oorledene en vir twee besnydenisse van dieselfde manlike pasiënt.

Volgens die ministerie se uitvoerende direkteur, me. Erica Shafudah, is meer as N$13 miljoen reeds van ver­skaffers herwin waar eise verkeerdelik ingedien is.

'n Oorsig van verskaffers se eispatrone het 82 praktyke vir verdere ondersoek uitgesonder.

'n Mediese forensiese ondersoek is vir 'n tydperk van ses maande van 19 Maart verlede jaar af van stapel gestuur en is intussen verleng.

Uit die 82 praktyke wat geïdentifiseer is, is net 29 gevalle ondersoek omdat data-ontleding en -bevestiging tydrowend is.

Strafregtelike bedrogklagte is teen twee mediese praktyke en 'n apteek aanhangig gemaak, en een wat met 'n mediese tegnologie-praktyk verband hou.

By een praktyk is eise ingedien vir dienste wat nie gelewer is nie, en vir voorskrifte wat uitgereik is aan pa­siënte wat nie deur 'n dokter ondersoek is nie.

Die tweede praktyk wat strafregtelike klagte in die gesig staar, het onder meer geëis vir die behandeling van 'n pasiënt wat oorlede is, vir twee besnydenisse van dieselfde manlike pasiënt, asook vir behandelings wat nooit ontvang is nie.

In die geval van die apteek het personeel kontantbetalings vir medisyne wanbestee van pasiënte wat nie lid van Psemas is nie en is eise vir Psemas-lede ingedien, wat dié medisyne nooit ontvang het nie.

Wat die mediese tegnologie-praktyk betref, is 'n lisensie van die ministerie van gesondheid en maatskaplike dienste (MoHSS) onder valse voorwendsels verkry.

Dokumente van 'n mediese tegnoloog is ook sonder die betrokke persoon, wat boonop elders werksaam is, se toestemming gebruik om 'n praktyknommer by die Vereniging vir Namibiese Mediese Fondse (Namaf) en 'n ooreenkoms met Psemas te kry.

Mediese tegnoloë wat aan die nuwe Psemas-kontrak verbonde is, het bedank, terwyl die oorblywende mediese tegnoloog se werkspermit verval het.

Voorts voldoen die laboratorium nie aan MoHSS-, Namaf- óf Psemas-vereistes nie.



PRAKTYK opgeskort

Van die bevindinge van die forensiese ondersoek verwys ook na 'n algemene praktyk waar 'n Psemas-ooreenkoms nie toegestaan is nie en die praktyk opgeskort is.

Dít nadat onder meer bevind is die betrokke praktyk het 'n ongewoon hoë voorkoms van eise vir mangeloperasies wat in 'n hospitaal uitgevoer is, maar waarvoor 'n eis ingedien is asof dit by die praktyk self uitgevoer is.

Dié praktyk het ook herhaaldelik eise vir IUD's – selfs vir 'n manlike pasiënt – gehad.

'n Siviele eis is teen 'n tandarts ingedien wat drie praktyke het, maar net een het 'n ooreenkoms met Psemas.

Tandheelkundeterapeute is in diens geneem om die werk van tandartse te doen.

Volgens Shafudah is twee werknemers van die ministerie van finansies vir die oortreding van die teenkorrupsiewet aangekla.

Die een werknemer het glo iemand, wat nie 'n staatsdienswerker is nie, by Psemas geregistreer en sowat N$138 000 se mediese eise ingedien.

Tydens die ouditproses is nog soortgelyke gevalle ontdek wat nou aan die Teenkorrupsiekommissie (ACC) oorhandig is.

Nog twee werknemers het pasiënte by Psemas geregistreer, wat nie vir die staat werk nie, en ook dié gevalle is aan die ACC vir strafregtelike vervolging oorhandig.

Volgens Shafudah sal alle gevalle van diensverskaffers wat in die ondersoek vir bedrog ontbloot is, aan die verwante owerhede oorhandig word.

Sy het verwys na die nuwe Psemas-kontrak wat in Mei 2018 in werking getree het om skuiwergate vir bedrog aan te spreek.

Voorgestelde veranderinge sal nou in die kontrak ingewerk word.

'n Swakplek is volgens Shafudah die gebrek aan 'n klousule vir diskwalifisering.

Dit beteken enige verskaffer wat vroeër vir bedrog ondersoek is of daaraan skuldig bevind is, kan weer 'n ooreenkoms met Psemas aangaan.

Om bedrog verder hok te slaan, is meer as 17 000 afhanklikes, wat die ouderdomsperk vir lidmaatskap oorskry, van die stelsel afgehaal.

Kommentaar

Republikein 2024-04-26

Geen kommentaar is op hierdie artikel gelaat nie

Meld asseblief aan om kommentaar te lewer

Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.06/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 911.93/OZ DOWN -0.0043 Sport results: Premier League: Brighton 0 vs 4 Manchester City | Manchester United 4 vs 2 Sheffield United | Everton 2 vs 0 Liverpool | Crystal Palace 2 vs 0 Newcastle | Wolves 0 vs 1 Bournemouth | Arsenal 5 vs 0 Chelsea SerieA: Udinese 1 vs 2 AS Roma European Championships Qualifying: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton English Championship: Coventry City 2 vs 3 Hull City | Leicester City 5 vs 0 Southampton Weather: Katima Mulilo: 16° | 33° Rundu: 16° | 33° Eenhana: 16° | 35° Oshakati: 17° | 34° Ruacana: 17° | 35° Tsumeb: 18° | 32° Otjiwarongo: 14° | 31° Omaruru: 16° | 34° Windhoek: 15° | 29° Gobabis: 18° | 30° Henties Bay: 15° | 22° Wind speed: 26km/h, Wind direction: S, Low tide: 10:31, High tide: 04:30, Low Tide: 22:38, High tide: 16:57 Swakopmund: 15° | 18° Wind speed: 28km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:28, Low Tide: 22:36, High tide: 16:55 Walvis Bay: 16° | 26° Wind speed: 34km/h, Wind direction: SW, Low tide: 10:29, High tide: 04:27, Low Tide: 22:36, High tide: 16:54 Rehoboth: 17° | 31° Mariental: 20° | 34° Keetmanshoop: 22° | 34° Aranos: 20° | 33° Lüderitz: 13° | 24° Ariamsvlei: 20° | 35° Oranjemund: 17° | 30° Luanda: 26° | 29° Gaborone: 18° | 27° Lubumbashi: 11° | 25° Mbabane: 13° | 17° Maseru: 9° | 23° Antananarivo: 14° | 27° Lilongwe: 14° | 26° Maputo: 18° | 25° Windhoek: 15° | 29° Cape Town: 15° | 27° Durban: 17° | 22° Johannesburg: 15° | 23° Dar es Salaam: 23° | 31° Lusaka: 17° | 26° Harare: 14° | 26° Economic Indicators: Currency: GBP to NAD 23.46 | EUR to NAD 20.11 | CNY to NAD 2.6 | USD to NAD 18.81 | DZD to NAD 0.14 | AOA to NAD 0.02 | BWP to NAD 1.33 | EGP to NAD 0.39 | KES to NAD 0.14 | NGN to NAD 0.01 | ZMW to NAD 0.71 | ZWL to NAD 0.04 | BRL to NAD 3.68 | RUB to NAD 0.21 | INR to NAD 0.23 | USD to DZD 134.22 | USD to AOA 834.06 | USD to BWP 13.79 | USD to EGP 47.85 | USD to KES 134.48 | USD to NGN 1329.44 | USD to ZAR 18.81 | USD to ZMW 26.6 | USD to ZWL 321 | Stock Exchange: JSE All Share Index 74329.37 Down -0.25% | Namibian Stock Exchange (NSX) Overall Index 1642.69 Up +6.30% | Casablanca Stock Exchange (CSE) MASI 13346.81 Up +0.49% | Egyptian Exchange (EGX) 30 Index 25917.59 Down -3.21% | Botswana Stock Exchange (BSE) DCI Same 0 | NSX: MTC 7.75 SAME | Anirep 8.99 SAME | Capricorn Investment group 17.34 SAME | FirstRand Namibia Ltd 49 DOWN 0.50% | Letshego Holdings (Namibia) Ltd 4.1 UP 2.50% | Namibia Asset Management Ltd 0.7 SAME | Namibia Breweries Ltd 31.49 UP 0.03% | Nictus Holdings - Nam 2.22 SAME | Oryx Properties Ltd 12.1 UP 1.70% | Paratus Namibia Holdings 11.99 SAME | SBN Holdings 8.45 SAME | Trustco Group Holdings Ltd 0.48 SAME | B2Gold Corporation 47.34 DOWN 1.50% | Local Index closed 677.62 UP 0.12% | Overall Index closed 1534.6 DOWN 0.05% | Osino Resources Corp 19.47 DOWN 2.41% | Commodities: Gold US$ 2 339.06/OZ UP +0.36% | Copper US$ 4.53/lb UP +0.47% | Zinc US$ 2 869.50/T UP 0.15% | Brent Crude Oil US$ 88.97/BBP UP +0.08% | Platinum US$ 911.93/OZ DOWN -0.0043